NHS lewer verskeie provinsiale atletiekkampioene op Secunda

NHS lewer verskeie provinsiale atletiekkampioene op Secunda

March 15, 2018
|

Die jaarlikse Mpumalanga-kampioenskappe (Saterdag 10 Maart) het voorwaar vir verskeie NHS-atlete en hul afrigters, die kroon op ‘n uiters suksesvolle seisoen, gespan. Met 33 medaljes in die sakkie, was Hoërskool Nelspruit weer eens die toonaangewende atletiekskool in die provinsie, en is Mpumalanga se hoop op rostrumplekke by die nasionale kampioenskappe, grootliks op die Laeveld gerig – veral ook omdat atlete van die ander plaaslike skole, ook met puik vertonings vorendag gekom het.

 

Shana Scott (m.15) spog daarmee dat sy vanjaar ‘n driedubbele Mpumalanga-kampioen is! Sy was eerste in gewigstoot, skyfwerp en hamergooi. Van Reenen Kruger (s.15), Douw Kruger (s.17) en Ilke Joubert (m.19) het twee keer goud verwerf – eweneens skitterende prestasies!

 

Van Reenen Kruger se hekkiestye van 13.25 sek. (100m) en 39.16 sek. (300m) was beide nuwe Nellie-rekords, terwyl Rhodé Nel (m.15) geskiedenis gemaak het deur die eerste onder 15-atleet in die skool se geskiedenis te word wat die 200m in minder as 25 sek. kon aflê. Haar tyd van 24.63 sek. is stukke beter as haar eie rekord van 25.21 sek. wat sy vroeër vanjaar in Pretoria aangeteken het. Die naam van Silvia Barnard moet sekerlik ook uitgesonder word. Sy (nog onder 14) het in die spiesgooi vir meisies 15, ‘n pragafstand van 33,59m behaal, wat Shana Scott se rekord van 31,47m ver oortref het. Linmari Potgieter (m.19) het Thelma van Rensburg se 18 jaar-oue hoogspringrekord van 1,65m, geëwenaar.

 

Nelspruit se gouemedalje-wenners, was soos volg:

 

Van Reenen Kruger (s.15): 100m hekkies – 13.25 sek. (1000 ABSA-punte), ook 300m hekkies – 39.16 sek.(936)

Jaytee Boers (s.17): 800m – 1:57.12 (979)

Devon Nell (s.17): 400m hekkies – 55.72 sek. (840)

Douw Kruger (s.17): skyfwerp – 48,63m (844); ook hamergooi – 35,30m (*nog onder 16)

Aubrey vd Bank (s.17): spiesgooi – 54,55m

Tertius Mentz (s.19): 800m – 1:56.09 (890)

Ruan Labuschagné (s.19): 400m hekkies – 53.47 sek. (882)

Rhodé Nel (m.15): 400m – 58.16 sek. (948)

Shana Scott (m.15): gewigstoot – 11,45m (821); ook skyfwerp – 35,52m (968); en hamergooi – 30,61m

Jessica Berry (m.17): 1500m – 5:03.31

Christine Kruger (m.17): hamergooi – 25,99m

Thembi Cossa (m.19): 800m – 2:23.87

Linmari Potgieter (m.19): hoogspring – 1,65m (869)

Ilke Joubert (M.19): gewigstoot – 12,00m; ook skyfwerp – 34,13m

 

Die silwermedalje-oes (tweedeplekke):

 

Rhodé Nel (m.15): 200m – 24.63 sek. (1031)

Nicci Viljoen (m.15): 300m hekkies – 48.00 sek.

Inge Meyer (m.15): driesprong – 10,24m

Mila de Villiers (m.17): 1500m – 5:09.53 (*nog onder 16)

Megan Nel (m.17): driesprong – 11,16m (819)

Christine Kruger (m.17): gewigstoot – 12,36m (841) (*nog onder 16)

Chanté Nel (m.19): 100m hekkies – 15.97 sek.; ook 400m hekkies – 69.60 sek.

Marné van Aarde (m.19): gewigstoot – 10,95m; ook spiesgooi – 34,17m

 

Bronsmedaljes (derdeplekke):

 

Luthando Mabuza (s.15): 800m – 2:04.81 (951)

Douw Kruger (s.17): gewigstoot – 14,71m

Nicci Viljoen (m.15): 90m hekkies – 14.03 sek.

Silvia Barnard (m.15): spiesgooi – 33,59m (*nog onder 14)

Marné van Aarde (m.19): skyfwerp – 31,33m

 

Tussen die bestes in die provinsie, het nog ‘n paar NHS-vertonings die harte warm laat klop. Dit sluit in:

 

Terrence Terblans (s.15): driesprong – 12,01m (850)

Frederick Nel (s15): gewigstoot – 13,22m

Conrad Grobbelaar (s.17): 800m – 2:04.01 (*nog onder 16)

Devon Nell (s.17): 110m hekkies – 14.56 sek. (811)

Mackie Ngwenya (s.17): driesprong – 13,17m (805)

FJ Mentz (s.19): 800m – 1:59.89 (804)

Jana Engelbrecht (m.15): 100m – 12.50 sek. (905)

Nicolize Aucamp (m.15): 200m – 26.50 sek. (831); ook 400m – 61.57 sek.

Lané Taljaard (m.15): hoogspring – 1,45m (812)

Inge Meyer (m.15): verspring – 5,01m (862)

Megan Nel (m.17): verspring – 5,03m

Michelle Bouwer (m.17): spiesgooi – 33,47m

Danika Meiring (m.17): gewigstoot – 10,74m

 

Baie geluk, en baie sterkte aan die groepie atlete wat hul provinsiale kleure ontvang het. Mag SA’s 2018 groot vreugde en genot vir julle bring!