NHS kraai koning by Interhoër-swem

NHS kraai koning by Interhoër-swem

February 23, 2017
|

Al sal 2017 se swem-interhoër wat verlede Woensdag (22 Februarie) plaasgevind het, onthou word vir die hewige stryd tussen Uplands College en Curro Nelspruit om die tweede- en derdeplekke, was dit weer Hoërskool Nelspruit wat sy posisie as nr.1-swemskool in die Laeveld, bevestig het.

Die Nellies wen beide meisies- en seunsafdelings, wat beteken dat die gesogte spantrofee, steeds in NHS se trofeekas sal pryk.

 

NHS se meisies (396) moes deurgaans hard werk om Uplands (365) en Curro (340) se aanslag af te weer. Dit was ietwat verrassend om Penryn College (230) ver terug in die vierdeplek te sien, maar Curro het homself deeglik laat geld en gewis ‘n waarskuwing aan die ander skole gerig. Rob Ferreira (152), Barberton en Bergvlam (beide 43), Lowveld High (31) en Komatipoort Akademie (11) het die ander posisies ingeneem.

 

Onder die seuns, was daar egter nooit twyfel oor wie uiteindelik die spantrofee huis toe sou vat nie. Met puik sterre soos Giano dos Santos, Jetro Piso en Robbie Drummond (om net enkeles te noem) in sy geledere, het NHS maklik koning gekraai. Die Nellies (458) was meer as 150 punte voor Curro (303), gevolg deur Rob Ferreira (236), Penryn (229), Uplands (219), Komatipoort Akademie (72.5), Barberton (61), Bergvlam (15) en Lowveld High (11.5).

 

Uiteindelik was dit NHS met sy groottotaal op 908, wat as 2017-wenners gekroon is. Curro (669) het verrassend met Uplands (632) afgereken. Penryn (487) sal volgende jaar moet ligloop vir Rob Ferreira (414). Barberton (110) kon daarin slaag om voor Komatipoort (83.5), Bergvlam (58) en Lowveld High (42.5) te eindig.

 

Baie geluk aan NHS se Giano dos Santos en Jetro Piso, wat vanjaar as Junior en Senior Victor Ludorum aangewys is. Liza-Marie Drummond deel die Sior Victrix-trofee met Penryn College se Jordyn Mnifi.

 

Hoërskool Nelspruit is baie trots op sy wenspan ! Die volgende swemmers het met individuele medaljes huiswaarts gekeer:

 

Meisies:  Goud (eersteplekke)

 

Liza-Marie Drummond :  100m vryslag, meisies ope (61.35 sek.); ook 50m vlinderslag m.19 (31.61 sek.); en 50m vryslag m.19 (28.65 sek.)

Izani vd Merwe: m.14 50m rugslag (34.86 sek.)

Elzanie Rademeyer: m.19 50m rugslag (37.17 sek.); ook 50m borsslag (41.56 sek.)

Lauren Viljoen: m.17 vlinderslag (39.03 sek.)

Nicci Viljoen: m.14 vryslag (30.25 sek.)

Milda van Dyk: m.15 vryslag (30.75 sek.)

 

Meisies:  Silwer (tweedeplekke)

 

Liza-Marie Drummond: 200m individuele wisselslag, meisies ope (2:37.15)

Tayla Kotzee: m.17 50m rugslag (35.26 sek.)

Carla Mouton: m.15 50m borsslag (38.37 sek.)

Naomi vd Nest: m.14 50m vlinderslag (34.89 sek.)

Nicci Viljoen: 100m rugslag meisies ope (78.80 sek.)

Jeane Joubert: m.16 vlinderslag (34.87 sek.); ook 50m vryslag (33.29 sek.)

 

Meisies:  Brons (derdeplekke)

Lauren Viljoen: m.17 50m rugslag (39.03 sek.)

Izani vd Merwe: m.14 50m borsslag (44.81 sek.)

Michelle Boshoff: m.15 50m borsslag (45.99 sek.)

Carla Mouton: 100m vlinderslag meisies ope (1:26.67)

Jessica Leicester: m.16 50m vlinderslag (35.64 sek.)

Elzanie Rademeyer: 100m borsslag meisies ope (1:31.67)

Mignon Joubert: m.16 50m vryslag (34.60 sek.)

Tayla Kotzee: m.17 50m vryslag (32.88 sek.)

Ziska van Dyk: m.19 50m vryslag (35.10 sek.)

 

Seuns:  Goud (eersteplekke)

 

Giano dos Santos: s.15 200m individuele wisselslag (2:24.44) *Rekord; ook 50m rugslag (30.50 sek.); 50m vlinderslag (29.79 sek.); en 100m rugslag, seuns ope (66.77 sek.) *Rekord

Jetro Piso: seuns ope 200m individuele wisselslag (2:21.89); seuns ope 100m vryslag (56.17 sek.);

ook 100m vlinderslag seuns ope (63.26 sek.); en 50m vlinderslag, seuns bo 16 (28.69 sek.); asook

50m vryslag, s.16 (26.10 sek.) *Rekord

Rico van Greunen: 50m rugslag s.16 (34.10 sek.); ook 50m borsslag (36.08 sek.)

FJ Mentz: 50m rugslag s.17 (32.53 sek.)

Gerard Venter: 50m vryslag s.14 (28.36 sek.)

Robbie Drummond: 50m vryslag s.15 (27.49 sek.)

 

Seuns:  Silwer (tweedeplekke)

 

Robbie Drummond: 200m individuele wisselslag, s.15 (2:36.45); ook 50m rugslag (34.96 sek.)

Ruben Terblanché: 50m rugslag s.14 (37.50 sek.)

Maarten Venter: 50m rugslag s.16 (34.32 sek.)

Dylin Mulder: 50m borsslag s.15 (37.13 sek.); ook 50m vlinderslag (32.58 sek.)

Gerard Venter: 50m vlinderslag s.14 (32.12 sek.)

Giano dos Santos: 100m borsslag seuns ope (1:20.59)

Henco Pieters: 50m vryslag s.19 (27.27 sek.)

 

Seuns: Brons (derdeplekke)

 

Rico van Greunen: 200m individuele wisselslag, s.16 (2:38.36)

Willem Bezuidenhout: 50m rugslag s.17 (36.06 sek.)

Enrico Meyer: 50m rugslag s.19 (37.28 sek.)

Zander vd Merwe: 50m borsslag s.15 (38.12 sek.); ook 50m vryslag (30.36 sek.)

Derek Shaw: 50m vlinderslag s.19 (31.40 sek.)

Maarten Venter: 50m vryslag s.16 (29.85 sek.)

Shane Jonker: 50m vryslag s.17 (27.83 sek.)

FJ Mentz: 50m borsslag s.17 (37.21 sek.)

 

 

 

 

 

 

Hierdie o/15-seunsaflosspan van NHS stap al ‘n lang pad saam van Laerskool Nelspruit af. Hier is ‘n foto van die seuns toe (o/9), en nou. Hulle is Dylin Mulder, Zander van der Merwe, Robbie Drummond en Giano dos Santos.

 

Laai af

Spanuitslae

Individuele uitslae