NHS hou 'Kersfees in die Winter'

NHS hou ‘Kersfees in die Winter’

May 26, 2017
|

Hoërskool Nelspruit het van 21 tot 26 Mei ‘n gebedsweek gehou wat deur die Nellie-Hart, CSV en bestuurskomitee van die skool georganiseer is.

Tydens hierdie week het die BK ook ‘n “Kersfees in die Winter”-projek vir kinders aan wat beoog het om verskeie items vir minder bevoorregte kinders in te samel wat by ‘n plaaslike kinderhuis afgegee sal word.

 

Leerders kon deur die loop van die week hulle bydrae of “boksie vol omgee” ruil vir ‘n warm sjokolade om die gees van diensbaarheid aan te moedig.

Daar was ook insamelings tydens die week se massa-gebedsfunksies. Die items wat ingesamel is sluit in klere vir kinders, speelgoed, baba-items, nie-bederfbare kos, en persoonlike higiëne items.

 

Hier is Mia Erasmus (leerlingraad: dux) wat die projek gelei het saam met Melandi Lourens by van die items.