NHS-debatspan wen Dink of Sink se Noordstreek-ronde

NHS-debatspan wen Dink of Sink se Noordstreek-ronde

August 30, 2017
|

Twee senior en drie junior NHS-debatspanne het op 25 Augustus aan Afriforum en Beeld se Dink of Sink onvoorbereide debatskompetisie se Noordstreek-ronde by Montana deelgeneem.

Na vyf uitdunrondes tussen verskillende top Gauteng-skole soos Afrikaanse Seuns en Meisies Hoër, Helpmekaar en Monument het die twee senior debatspanne van NHS al hul debatte gewen. Gerhard van der Merwe, Josua Matthee en Wehan Viljoen het die kompetisie gewen en neem 23 September in die nasionale finaal teen DF Malan van die Suidstreek en Oranje Meisieskool van die sentraalstreek deel. Afriforum borg pryse vir die wenners.

Theo van der Westhuizen, Jana Visser en Kees-Piet Barnhoorn het tweede geëindig nadat die twee senior NHS-spanne teen mekaar moes meeding om die Noordstreek-wenners te bepaal. Theo is aangewys as die beste taalgebruiker.
Juniors wat ook goed presteer het:
• Milda van Dyk, Jana Ingwersen & Mia Dentan
• Ernst Pieterse, Leila Booysen & Rachelle Ressa
• Danté van der Westhuizen, Jean van der Merwe & Aniska Breedt.