NHS is bergfiets-naaswenners en spog met sewe provinsiale ryers!

NHS is bergfiets-naaswenners en spog met sewe provinsiale ryers!

September 18, 2018
|

Hoërskool Nelspruit het die 2018 bergfietsseisoen op ‘n hoë noot afgesluit met ‘n tweede plek in die Spur-skolereeks en nie minder nie as sewe ryers wat in die Mpumalanga-span opgeneem is!

Hulle is:
Sub-junior: Dillon Botha
Youth A: Jean van der Merwe
Youth A: Suzanne Maré
Youth A:  Hijke Coetzee
Youth B:  Christo Theron
Youth B:  Anleo Viljoen
Junior:  Monique Swart


Algehele podiumposisies vir die 2018 siesoen

Jeug A seuns:  Jean van der Merwe – 3de

Jeug A meisies: Suzanne Mare – 2de en Hijke Coetzee – 3de

Sub- junior seuns: Dillon Botha – 2de

Jeug B dogters: Anleo Viljoen – 3de

Jeug B seuns: Christo Theron – 1ste

Junior meisies: Monique Swart – 3de

“NHS is die skool met die meeste ryers wat Mpumalanga gaan verteenwoordig en ons eindig algeheel tweede in die Spur-skolereeks. Ons is trots op elke Nellie wat kom trap het,” sê me. Loise Helberg, bergfietsorganiseerder by die skool.