NHS bederf Kamagugu-leerders op lentedag

NHS bederf Kamagugu-leerders op lentedag

September 13, 2018
|

Hoërskool Nelspruit se Nellie-hart het Vrydag 7 September as deel van Loslitdag en lentedag die leerders by Kamagugu Inclusive School gaan bederf met tjippies en koeldrank.

NHS het deurlopend projekte om ander skole in die omgewing waar daar ‘n behoefte is by te staan en leerders neem reg deur die jaar aan liefdadigheidsprojekte deel om sodoende ‘n gesindheid van diensbaarheid in die gemeenskap te kweek.

#nelliehart #nellietrots #disheerlikelente #loslitdag18