NHS bedank wintersportborge vir 2018

NHS bedank wintersportborge vir 2018

NHS bedank graag al die ondersteuners van die skool, sakemanne en -vroue en besighede wat ons spelers vlerke gee! 

Hoërskool Nelspruit se 2018-wintersportkragmetings is al ‘n geruime tyd aan die gang en sportsspanne sien uit na ‘n suksesvolle seisoen. Dit is egter nie moontlik sonder die ondersteuning van belanghebbendes en die gemeenskap nie en ‘n spesiale borgefunksie is onlangs gehou om lojale borge van vanjaar se wintersportspanne te bedank vir hulle ondersteuning en betrokkenheid. NHS stel ook die verskeie borge van tuissportbyeenkomste hoog op prys. 

Dit is vir die skool ‘n voorreg om die wintersportborge as gewaardeerde vennote te erken!