NHS-atletiekspan veg verbete, maar swig voor relegasie-spook

NHS-atletiekspan veg verbete, maar swig voor relegasie-spook

February 28, 2019
|

Dis nooit maklik om teen sewe van die Noordvaal se top-atletiekskole (A-bond) kragte te meet nie. Met die uitsondering van Menlopark se span, was die room van Gauteng se atlete by die jaarlikse NWU Super Interhoër, wat Woensdag 27 Februarie in die pragtige Ruimsig-stadion (Roodepoort) plaasgevind het.

Met die aanbreek van die aflosse, was die Nellies net 25 punte agter Zwartkop, maar hulle kon net nie daarin slaag om die stadsjapies in te haal nie. Beserings aan en ongesteldheid by van NHS se sleutel-atlete, het hulle waarskynlik ‘n plek in volgende jaar se A-bond gekos. Nelspruit se seuns klop Zwartkop met 257-226, en die meisies slaag daarin om met 249-229, met Garsfontein af te reken. Maar, toe die finale (gesamentlike) eindtotale bekend gemaak is, was dit Zwartkop (535) wat hul A-status behou, terwyl NHS (506) dan in 2020 in die B-bond sal meeding. Die algehele wenners van die A-bond, is vanjaar Helpmekaar College, met Prestige College tweede, en Waterkloof in die derde plek.

Desondanks, het skitterende prestasies die byeenkoms gekenmerk – en van NHS se sterre het met uitstekende vertonings vorendag gekom. Ashley Erasmus (m.14) is as Junior Victrix Ludorum aangewys, nadat sy in beide skyfwerp (38,43m) en gewigstoot (14,28m) te veel skietgoed vir haar opponente gehad het. Rhodé Nel was tweede in die kompetisie om die Senior Victrix, en die feit dat sy nie aan die 400m kon deelneem nie, het haar sekerlik die wennersposisie gekos.

Die Nellies het met ‘n sakvol medaljes huiswaarts gekeer, wat duidelik bewys dat daar enduit geveg is.

Goud (eersteplekke) *ABSA-punte bo 800 word aangedui
Douw Kruger (s.17): gewigstoot – 18,94m (1113)
Zander vd Merwe (s.17): spiesgooi – 65,86m (950)
Jaytee Boers (s.19): 800m – 1:54.85 (931)|
Rhodé Nel (m.16): 100m – 11.92 sek. (1045); ook 200m – 24.57 sek. (1016). In beide wedlope, was die wind ongelukkig bo die toelaatbare sterkte (vir rekord-doeleindes)
Nicci Viljoen (m.16): 400m hekkies – 65.40 sek. (847)
Ashley Erasmus (m.14): gewigstoot – 14,28m (1101); ook skyfwerp – 38,43m (1271)

Silwer (tweedeplekke)
Andreas van Heerden (s.19): 3000m – 9:13.40
Douw Kruger (s.17): skyfwerp – 53,67m (958)
Shanese de Clerck (m.14): verspring – 5,17m (962)
Lané Taljaard (m.16): hoogspring – 1,55m (853)

Brons (derdeplekke)
Hannes Botha (s.15): spiesgooi – 50,12m
Devon Nell (s.19): 400m hekkies – 55.18 sek. (804)
Ewan Nieuwoudt (s.16): 400m hekkies – 57.76 sek.
Karl Erichsen (s.14): spiesgooi – 43,80m
Handré vd Merwe (s.15): 300m hekkies – 40.41 sek. (859)
Conrad Grobbelaar (s.17): 800m – 1:59.67 (929)
Charles Nel (s.14): 100m hekkies – 13.98 sek. (1014)
Neil Henning (s.19): spiesgooi – 53,95m
Tagan Louw (m.17): driesprong – 10,38m
Nicci Viljoen (m.16): 100m hekkies – 15.03 sek. (881)

Al kon hulle nie onder die eerste drie plekke eindig nie, het die volgende atlete ook met 800+ punte, stewige vertonings gelewer:
Jade Swanepoel (s.16): hoogspring – 1,80m (849)
Charles Nel (s.14): 300m hekkies – 42.39 sek. (829)
Lourens Potgieter (s.17): 100m – 10.90 sek. (930)
Andreas Fouché (s.15): skyfwerp – 44,87m (867)
Frederick Nel (s.16): gewigstoot – 14,34m (817)
Luthando Mabuza (s.16): 800m – 2:04.04 (887)
Marco Capazorio (s.15): 100m hekkies – 14.33 sek. (833)
Karl Erichsen (s.14): skyfwerp – 37,29m (821)
Philip Vogel (s.15): hoogspring – 1,65m (823)
Handré vd Merwe (s.15): 100m – 11.90 sek. (819); ook 200m – 23.97 sek. (821)
Ruan Pretorius (s.14): hoogspring v 1,55m (822)
Henko de Nysschen (s.17): 400m – 50.67 sek. (851)
Hugo Smit (s.14): verspring – 5,30m (881)
Aflos seuns 15 – 46.84 sek. (860)
Aflos seuns 16 – 46.20 sek. (809)
Aflos seuns 17 – 44.31 sek. (840)
Aflos seuns 19 – 42.72 sek. (821) *Nellie-rekord, was 42.88 sek.
Lize Oosthuizen (m.14): spiesgooi – 31,83m (869)
Lallie Grobler (m.15): 300m hekkies – 47.10 sek. (812)
Kristen Berry (m.14): 800m – 2:23.35 (953)
Shanese de Clerck (m.14): hoogspring – 1,40m (806); ook 100m – 13.16 sek. (854)
Aflos meisies 14 – 52.58 sek. (849)
Aflos meisies 15 – 51.69 sek. (839)

Met ‘n byeenkoms van hierdie standaard en omvang, moet gewis ook erkenning aan ander blink uitslae gegee word.. Dit sluit in:

Nico Liversage (s.17): 110m hekkies – 15.79 sek.
Devon Nell (s.19): 110m hekkies – 15.68 sek.
Ewan Nieuwoudt (s.16): 110m hekkies – 15.58 sek.
Philip Vogel (s.15): gewigstoot – 13,55m
Martin Mtetwa (s.19): driesprong – 12,67m
Kian Mouton (s.14): 1500m – 4:45.00
Zanelle Moller (m.19): 400m hekkies – 68.99 sek.
Tayla Kotzee (m.17): 100m hekkies – 15.97 sek.; ook 400m hekkies – 71.55 sek.
Anya Venter (m.15): skyfwerp – 29,17m
Mia Steenkamp (m.14): 300m hekkies – 48.95 sek.
Suzaan Nel (m.17): 100m – 12.76 sek.; ook 200m – 26.70 sek.; en 400m – 60.87 sek.
Jessica Berry (m.19): 800m – 2:26.18
Cherise van Duyker (m.19): 100m hekkies – 16.94 sek.
Shana Scott (m.16): skyfwerp – 31,99m
Anri Spruyt (m.14): 400m – 63.38 sek.
Nicola Cronjé (m.19): 400m – 61.57 sek.