NHS-atlete verower 36 medaljes op Mpumalanga-kampioenskappe !

NHS-atlete verower 36 medaljes op Mpumalanga-kampioenskappe !

March 14, 2017
|

Vanjaar spog NHS met nie minder nie as 13 individuele provinsiale atletiekkampioene in sy geledere! In totaal het die Nellies 36 medaljes huis toe gebring: 16 goud, 8 silwer en 12 brons. Wat egter die kroon span, is die feit dat ‘n pragtige totaal van 20 atlete gekies is om Mpumalanga by vanjaar se SA Skole-kampioenskappe te verteenwoordig – voorwaar ‘n prestasie om baie trots op te wees!

 

Tussen al die uitstekende vertonings, moet die naam van Marné van Aarde sekerlik eerste genoem word. Marné, gewis een van die veelsydigste sportmeisies wat NHS nog opgelewer het (sy het reeds provinsiale kleure in atletiek, tennis en hokkie verwerf), het vir drie items ingeskryf – en almal gewen! Sy is dus ‘n drie-dubbele provinsiale kampioen, en spog met baie goeie afstande in gewigstoot, skyfwerp en spiesgooi (m.17). Naas Marais (s.19) het self puik gevaar en twee goue-medaljes ingepalm (gewigstoot en skyfwerp). Hy en kleinboet Jacques (s.15) het vanjaar by die Laeveld- en Super-interhoër, sowel as Saterdag op Secunda, hul onderskeie skyfwerp-items gewen.

 

Daar is Saterdag in drie ouderdomsgroepe meegeding, nl. seuns/meisies 15; seuns/meisies 17 en seuns/meisies 19. Die volgende Nellies het medaljes verower (ASA-punt bo 800, in hakies):

 

Eersteplekke (goud):                                             

 

Kendrick Salmans (s.15): 800m – 2:06.23

Douw Kruger (s.15): gewigstoot – 15,89m (833)

Jacques Marais (s.15): skyfwerp – 53,65m (854) 

Marcel Saayman (s.15): spiesgooi – 50,88m

Ruan Labuschagné (s.17): 400m hekkies – 54.48 sek.

Stefan Smit (s.17): skyfwerp – 50,37m (819)

Joshua Maass (s.17): spiesgooi – 62,39m

Naas Marais (s.19): gewigstoot – 16,24m (810); ook skyfwerp – 51,76m (854)

Nicola Cronjé (m.17): 400m – 59.48 sek. (*nog onder 16)

Jessica Berry (m.17): 1500m – 4:54.56  (*nog onder 16)

Marné van Aarde (m.17): gewigstoot – 12,05m (865); ook skyfwerp (31,13m) en spiesgooi (36,73m

Nerina Visser (m.19): 400m – 60.19 sek.

Mia Erasmus (m.19): 1500m – 5:11.44

 

Tweedeplekke (silwer):

 

Lourens Potgieter (s.15): 100m – 11.26 sek.

Jacques Marais (s.15): gewigstoot – 15,53m (810)

Tertius Mentz (s.17): 800m – 1:56.12 (804)

Stefan Smit (s.17): spiesgooi – 59,69m

Christine Kruger (m.15): gewigstoot – 11,30m (861)

Nicola Cronjé (m.17): 800m – 2:21.27

Nerina Visser (m.19): 400m hekkies – 66.38 sek.; ook 100m hekkies – 16.68 sek.

 

Derdeplekke (brons):

 

Lourens Potgieter (s.15): 200m – 23.34 sek.

Conrad Grobbelaar (s.15): 800m – 2:08.57

Douw Kruger (s.15): spiesgooi – 46,19m

Wian Otto (s.17): gewigstoot – 15,16m

Henco Pieters (s.19): skyfwerp – 43,20m

Jana Engelbrecht (m.15): 100m – 12.68 sek. (*nog onder 14)

Mila de Villiers (m.15): 1500m – 5:14.11

Shana Scott (m.15): gewigstoot – 11,04m (850); ook skyfwerp – 29,76m  (*nog onder 14)

Thembi Cossa (m.17): 400m – 61.29 sek.; ook 800m – 2:24.66

Anke Engelbrecht (m.19): verspring – 5,26m

 

Hierbenewens, was daar nog ‘n paar stewige vertonings wat vermelding verdien. Dit sluit in:

 

Nicci Viljoen (m.15): 300m hekkies – 47.88 sek. (817); ook 200m – 27.20 sek.  (*nog onder 14)

Christine Kruger (m.15): spiesgooi – 31,24m

Ilke Joubert (m.19): gewigstoot – 10,74m (851)

Van Reenen Kruger (s.15): 100m hekkies – 14.72 sek. (*nog onder 14)

Andreas van Heerden (s.17): 3000m – 9:40.13  (*nog onder 16)

Mackie Ngwenya (s.17): driesprong – 12,92m  (*nog onder 16)

De Villiers Basson (s.19): 400m – 50.93 sek.

 

Baie geluk aan die volgende Nellies wat dan komende vakansie, aan die SA Skole-kampioenskappe gaan deelneem:

 

Seuns:  Douw Kruger (s.15): gewigstoot en spiesgooi

             Jacques Marais (s.15): skyfwerp en gewigstoot

             Kendrick Salmans (s.15): 800m

             Lourens Potgieter (s.15): 100m en 200m

             Marcel Saayman (s.15): spiesgooi

             Xander Rutherford (s.15): skyfwerp

             Joshua Maass (s.17): spiesgooi

             Ruan Labuschagné (s.17): 400m hekkies

             Stefan Smit (s.17): skyfwerp en spiesgooi

             Tertius Mentz (s.17): 800m

             Wian Otto (s.17): gewigstoot

              Henco Pieters (s.19): skyfwerp

              Naas Marais (s.19): gewigstoot en skyfwerp

 

Meisies: Christine Kruger (m.15): gewigstoot

               Shana Scott (m.15): gewigstoot en skyfwerp (*nog onder 14)

               Marné van Aarde (m.17): gewigstoot en spiesgooi

               Jessica Berry (m.17): 1500m (*nog onder 16)

               Nicola Cronjé (m.17): 400m en 800m (*nog onder 16)

               Anke Engelbrecht (m.19): verspring

               Nerina Visser (m.19): 400m hekkies