NHS-atlete slyp in die Ruimsig-stadion vir Interhoër

NHS-atlete slyp in die Ruimsig-stadion vir Interhoër

February 14, 2017
|

Die jaarlikse Randburg-byeenkoms, waaraan daar vanjaar (op Vrydag 10 Februarie) agt skole deelgeneem het, het weer sy kwota skitterende vertonings opgelewer. Saam met A-bond skole Prestige College, Monument en Nelspruit, het Rustenburg, Zwartkop, Eldoraigne, Randburg en Jeugland gesorg dat die een opwindende item na die ander, onder groot toejuiging plaasgevind het.

 

Die wyse besluit om die meeste van die atlete wat die vorige Woensdag aan die Noordheuwel Top 15-byeenkoms deelgeneem het, te laat rus, het ‘n verrassende gevolg of twee gehad. ‘n Hele paar plaasvervangers het met uithaler-vertonings hul kleim vir insluiting in die interhoërspan afgesteek. So het Xander Rutherford, as nr.3-atleet na Jacques Marais en Douw Kruger (beide Top 15-atlete), die kans met albei hande aangegryp en in die skyfwerp (s.15) met ‘n reuse gooi van 52,06m losgetrek – ‘n volle 1062 punte werd! Nog ‘n eks-Mariepskopper wat blink vertoon het, is Van Reenen Kruger (s.14) wat in beide hekkies-items, baie goeie tye aan geteken het. Vir sy 14.41 sek. in die 100m hekkies, het hy 929 punte verwerf, en sy 300m-tyd van 42.25 sek. lees 838 op die tabel.

 

‘n Wedloop wat vir seker by stilgestaan moet word, is die 800m, s.15. NHS se Kendrick Salmans en Conrad Grobbelaar het mekaar opgekeil asof dit ‘n nasionale eindronde was! Beide het vir die eerste keer deur die grens van 2:10 gebars, met Kendrick (2:06.88 – 915 punte) slegs ‘n kortkop voor ‘n vegtende Conrad, wat self baie tevrede met sy blink tyd van 2:06.97 – 913 punte) kan wees.

 

Onder die meisies het Nicolize Aucamp (m.14) gewys dat sy in ouboet Hannes se voetspore volg, toe sy in twee wedlope, meer as 800m punte ingesamel het. Sy nael die 200m in ‘n utistekende 26.92 sek. (879) en die 400m in 60.97 sek. (865).

 

Die volgende medaljes, is deur die Nellies huis toe gebring:

 

Goud  – seuns

 

Meli Maxibuko (s.19): driesprong – 12,41m

Dylan Soderlund (s.19): spiesgooi – 52,50m

Devon Nell (s.16): 400m hekkies – 56.86 sek. (835)

Chyle van Zyl (s.16): gewigstoot – 14,44m (824)

Ruan Labuschagné (s.17): 400m hekkies – 56.30 sek. (817)

Van Reenen Kruger (s.14): 100m hekkies – 14.41 sek. (929)

 

Goud – meisies

 

Nerina Visser (m.19): 100m – 13.07 sek.

Nicola Cronjé (m.16): 800m – 2:23.08 (835)

Jessica Berry (m.16): 1500m – 4:55.02 (834)

Nicola Cronjé.

Nicola Cronjé.

 

Silwer – seuns

 

Ruben Buitendag (s.19): 400m – 51.28 sek.

Duvan van Duyker (s.19): 400m hekkies – 56.72 sek.

Naas Marais (s.19): gewigstoot – 16,20m (844); ook skyfwerp – 49,01m

Devon Nell (s.16): 110m hekkies – 14.65 sek. (953); ook 400m – 52.78 sek.

Aubrey vd Bank (s.16): spiesgooi –  54,00m (823)

Xander Rutherford (s.15): skyfwerp – 52,06m (1062)

Van Reenen Kruger (s.14): 300m hekkies – 42.25 sek. (838)

 

Silwer – meisies

 

Nerina Visser (m.19): 100m hekkies – 15.81 sek.; ook 400m hekkies – 65.61 sek.

Anke Engelbrecht (m.19): verspring – 4,95m

Mariska Craig (m.19): driesprong – 9,52m

Ilke Joubert (m.19): gewigstoot – 11,52m

Thembi Cossa (m.17): 400m – 63.48 sek.

Carli Killian (m.16): hoogspring – 1,50m (809)

Nicolize Aucamp (m.14): verspring – 4,56m

Nicci Viljoen (m.14): 300m hekkies – 49.95 sek.

 

 

Seuns – brons

 

Xander Kirsten (s.19): 200m – 22.98 sek.

Janrico Vermeulen (s.16): gewigstoot – 13,95m

Ben Strydom (s.17): verspring – 6,49m (819)

Mackie Ngwenya (s.17): driesprong – 12,02m

Lourens Potgieter (s.15): 200m – 23.40 sek. (884)

Morné Labuschagné (s.15): verspring – 5,86m (846)

Marcel Saayman (s.15): spiesgooi – 46,57m

 

Meisies – brons

 

Andrea Boerman (m.19): hoogspring – 1,50m

Thembi Cossa (m.17): 1500m – 5:20.50

Nicola Cronjé (m.16): 400m – 61.13 sek.

 

Om die interhoër-aptyt nog ‘n bietjie meer te wek, ‘n paar van die ander baie goeie uitslae:

 

Duvan van Duyker (s.19): 110m hekkies – 15.35 sek.

JC Taljaard (s.19): hoogspring – 1,75m

Henco Pieters (s.19): skyfwerp – 44,21m

Ewald Putter (s.16): hoogspring – 1,70m

Chyle van Zyl (s.16): skyfwerp – 40,96m; ook spiesgooi – 52,59m

Janco Pretorius (s.16): spiesgooi – 51,55m

Ben Strydom (s.17): 200m – 22.67 sek. (875); ook 400m – 51.67 sek. (801)

Tertius Mentz (s.17): 800m – 2:00.98 (898)

Charlie Naudé (s.17): 800m – 2:03.28 (847); ook 3000m – 9:37.79

Andreas van Heerden (s.16): 3000m – 9:41.09; ook 1500m – 4:30.49

Ruan Labuschagné (s.17): 110m hekkies – 15,66 sek.

Estian Schroeder (s.17): gewigstoot – 13,54m; ook skyfwerp – 38,03m

Attie Smit (s.15): 1500m – 4:33.04

Handré Homan (s.15): 100m hekkies – 14.90 sek.; ook 300m hekkies – 44.36 sek.

Henk van Deventer (s.15): verspring – 5,67m (802)

Xander Rutherford (s.15): gewigstoot – 14,34m (835)

Coben Putter (s15): skyfwerp – 43,50m (834); ook gewigstoot – 12,85m

Gideon Grobbelaar (s.16): 800m – 2:10.04

Mauritz vd Mescht (s.16): 800m – 2:11.28

Matthys Wessels (s.16): 1500m – 4:28.95

Terrence Terblanché (s.14): verspring – 5,14m

Mia Erasmus (m.19): 800m – 2:29.39

Anke Engelbrecht (m.19): 200m – 27.19 sek.

Zuleka Breedt (m.19): spiesgooi – 30,76m

Thembi Cossa (m.17): 800m – 2:29.89

Angelique Nel (m.17): 3000m – 11:22.20 (*sy is nog onder 15)

Leonine Gildenhuys (m.17): 3000m – 11:33.61 (*ook nog onder 15)

Tayla Kotzee (m.15): 90m hekkies – 14.65 sek.; ook 300m hekkies – 49.05 sek.

Luka Swanepoel (m.15): hoogspring – 1,45m (812)

Marlise van Staden (m.15): gewigstoot – 9,78m

Nicola Cronjé (m.16): 200m – 27.12 sek.

Jana Engelbrecht (m.14): 100m – 13.35 sek. (817)

Suzaan Nel (m.15): 400m – 61.27 (813)

Robyn Parnell (m.16): gewigstoot – 10,42m

 

Nou stoom die trein die interhoër-stasie binne ! Baie sterkte aan al ons atlete en afrigters – mag julle na 18 Februarie op Barberton, ook seëvierend vanuit die ruimte terugkeer !