NHS-atlete presteer in uitgelese geselskap

NHS-atlete presteer in uitgelese geselskap

February 7, 2017
|

Vier van die top-atletiekskole in die A-bond van die gedugte Super Interhoër-kompetisie, nl. NHS, Afrikaans Hoër (Pretoria), Waterkloof en Kemptonpark, het verlede Vrydag (3 Februarie) in Pretoria gewys waarom hulle deel is van die groep van Top 8-spanne noord van die Vaal. Tesame met die sterk span van Grey College (Bloemfontein), is ‘n atletiekdis voorgesit wat die geesdriftige skare toeskouers nog lank sal onthou.

 Die vorige Vrydag kon die Laevelders se naelopers en hekkiesatlete, heerlik op die vinnige tartanbaan van die Tuks-stadion baljaar, maar hierdie keer het die swaar grasbaan van Affies, goeie tye effens gekortwiek. ‘n Hele paar van Nelspruit se ster-atlete het nogtans met uitstekende tye uitgeblink en heelwat rostrumplekke is behaal.

 ‘n Item wat by elke byeenkoms, die belangstelling gaande maak, is die skyfwerp vir seuns 15. Jacques Marais het ‘n uitstekende 51,07m (1031 ABSA-punte) behaal, met Douw Kruger (49,76m) in ‘n persoonlike beste afstand, op sy hakke. Ook Xander Rutherford (47,88m) het die krane behoorlik oopgedraai. Onder die meisies het Nicola Cronjé (m.16) ‘n goue tweekuns losgehardloop, toe sy eerste in die 400m (59.72 sek.) en 800m (2:19.27) by die wenpaal aangekom het. Die beste vertoning is egter deur Suzaan Nel (m.15) gelewer, toe sy op ‘n pragtige 5,23m in die verspringput geland het – ‘n volle 926 punte werd.

Om tussen sulke uitsoek-spanne, medaljes te verower, is ‘n baie groot prestasie! Die volgende Nellies loop breëbors rond, nadat hulle onder die eerste drie geëindig het:

Eersteplekke

Anke Engelbrecht (m.19): verspring – 5,14m

Nerina Visser (m.19): 400m hekkies – 66.22 sek.

Nicola Cronjé (m.16): 400m – 59.72 sek. (805), ook 800m – 2:19.27 (872)

Chantel Olivier (m.15): hoogspring – 1,40m

Suzaan Nel (m.15): verspring – 5,23m (926)

Linmari Potgieter (m.17): hoogspring – 1,60m (865)

Naas Marais (s.19): gewigstoot – 16,10m (837); ook skyfwerp (48,47m)

Stephan vd Bank (s.19): spiesgooi – 58,69m (809)

Handré Homan (s.15): 300m hekkies – 44.04 sek.

Chyle van Zyl (s.16): gewigstoot – 14,50m (828); ook skyfwerp (40,81m)

Jaytee Boers (s.16): 800m – 2:02.34

De Villiers Basson (s.19): 800m – 2:01.56 (884)

Wian Otto (s.17): gewigstoot – 15,72m (858)

Stefan Smit (s.17): spiesgooi – 58,47m (817); ook skyfwerp – 44,56m

Tweedeplekke

Mia Erasmus (m.19): 1500m – 5:06.75

Nerina Visser (m.19): 100m hekkies – 16.60 sek.

Tayla Kotzee (m.15): 300m hekkies – 50.54 sek.

Suzaan Nel (m.15): 400m – 62.39 sek.

Shana Scott (m.14): spiesgooi – 29,17m

Nicolize Aucamp (m.14): 400m – 63.34 sek.

Jessica Berry (m.16): 1500m – 4:51.43 (833)

Carli Killian (m.16): hoogspring – 1,50m (809)

Henco Pieters (s.19): skyfwerp – 47,53m

Duvan van Duyker (s.19): 110m hekkies – 15.75 sek.

Ruan Labuschagné (s.17): 400m hekkies – 56.29 sek. (819)

Janco Pretorius (s.16): spiesgooi – 55,56m (853)

Lourens Potgieter (s.15): 200m – 24.13 sek.

Attie Smit (s.15): 1500m – 4:29.47

Henko de Nyschen (s.15): 100m – 11.84 sek.

Devon Nell (s.16): 400m hekkies – 56.50 sek. (853)

Jacques Marais (s.15): skyfwerp – 51,07m (1031); ook verspring – 5,45m

Douw Kruger (s.15): gewigstoot – 16,03m (964): ook skyfwerp – 49,76m (994); en spiesgooi – 49,28m

Wian Otto (s.17): skyfwerp – 42,70m

Derdeplekke

Nicola Cronjé (m.16): 200m – 26.87 sek.

Luka Swanepoel (m.15): hoogspring – 1,35m

Christine Kruger (m.15): spiesgooi – 29,28m

Tayla Kotzee (m.15): 200m – 28.84 sek.

Megan Nel (m.17): driesprong – 10,08m

Thembi Cossa (m.17): 800m – 2:29.31

Jessica Berry (m.17): 3000m – 10:57.07 (*nog onder 16, dus ‘n nuwe onder 16-rekord)

Clarissa Boshoff (m.17): verspring – 4,82m

Sammy Carmichael (m.16): spiesgooi – 29,63m

Theo van Rooyen (s.19): 3000m – 10:19.12

Duvan van Duyker (s.19): 400m hekkies – 57.32 sek.

Joao Christovam (s.19): verspring – 5,82m

Conrad Grobbelaar (s.15): 1500m – 4:33.44

Handré Homan (s.15): 100m hekkies – 15.78 sek.

Lourens Potgieter (s.15): 100m – 11.87 sek.

Ruben Grundlingh (s.14): 1500m – 4:49.59

Van Reenen Kruger (s.14): 100m hekkies – 14.91 sek. (803)

Andreas van Heerden (s.16): 1500m – 4:30.00

Devon Nell (s.16): 110m hekkies – 15.37 sek.

Morné Labuschagné (s.15): verspring – 5,44m

Te midde van die strawwe kompetisie, is nog vele goeie vertonings gelewer. Om net ‘n paar te noem:

Deidré de Kock (m.19): hoogspring – 1,45m

Tania Hlabane (m.19): skyfwerp – 31,48m

Anke Engelbrecht (m.19): 200m – 27.50 sek.

Nerina Visser (m.19): 400m – 61.19 sek.

Mila de Villiers (m.15): 800m – 2:33.09; ook 1500m – 5:20.42

Leonine Gildenhuys (m.15): 800m – 2:37.30

Christine Kruger (m.15): gewigstoot – 11,78m (850)

Suzaan Nel (m.15): 100m – 13.35 sek.

Kyla Labuschagné (m.15): 400m – 63.81 sek.

Nicci Viljoen (m.14): 200m – 28.06 sek.; ook 300m hekkies – 51.44 sek.

Shana Scott (m.14): gewigstoot – 10,77m; ook skyfwerp – 27,05m

Jana Engelbrecht (m.14): 100m – 13.50 sek.

Nicolize Aucamp (m.14): 200m – 28.37 sek.

Angelique Nel (m.17): 3000m – 11:24.72 (*sy is nog onder15)

Anelda vd Berg (m.16): hoogspring – 1,40m

Megan Nel (m.16): verspring – 4,89m

Lizaan Olivier (m.16): gewigstoot – 10,65m

Charlie Naudé (s.17): 800m – 2:05.50; ook 1500m – 4:26.88

Riandré vd Merwe (s.17): 400m hekkies – 58.09 sek.

Aubrey vd Bank (s.16): spiesgooi – 54,93m (841)

Kendrick Salmans (s.15): 800m – 2:10.31 (805)

Conrad Grobbelaar (s.15): 800m – 2:10.91

Van Reenen Kruger (s.14): 300m hekkies – 44.69 sek.

PJ Coetzee (s.14): hoogspring – 1,50m

Terrence Terblanché (s.14): verspring – 5,08m (822)

Ruben Buitendag (s.19): 100m – 11.38 sek.; ook 200m – 23.25 sek.; en 400m – 51.75 sek.

Duvan van Duyker (s.19): 200m – 23.22 sek.

De Villiers Basson (s.19): 400m – 52.72 sek.

Mackie Ngwenya (s.17): driesprong – 12,25m

Estian Schroeder (s.17): gewigstoot – 14,43m; ook skyfwerp – 40,68m

Hierdie week is eweneens ‘n besige atletiekweek, met die Noordheuwel Top 15-byeenkoms (Woensdag) en Vrydag se groot Randburg-byeenkoms , wat die atlete tot die uiterste sal beproef. Hierdie byeenkomste gee die Nellies geleentheid om met atlete vanuit ook ander streke (buite Pretoria) kragte te meet. Baie sterkte !