Netbalspeelsters bestes tydens vakansie-toernooie

Netbalspeelsters bestes tydens vakansie-toernooie

April 12, 2018
|

Vyf netbalspeelsters wat in die vakansie aan twee verskillende netbaltoernooi gaan deelneem het, het as beste speelsters in hul onderskeie posisies of speelsters van die toernooi huis toe gekom. 

 

Affies-toernooi

• O/15: Gabbi van der Merwe is as beste doel van die toernooi aangewys.

• O/16: Tayla Kotzee is as die beste senterbaanspeelster aangewys. 

• O/17: Mianke Engelbrecht is as beste verdedigende speelster aangewys.

Raloka-eerstespantoernooi

• Chanté Oelofse wen R1500 as beste verdediger.

• Chanté is as die waardevolste speelster aangewys. 

#nellietrots