NETBAL: Mpumalanga Wenners

NETBAL: Mpumalanga Wenners

August 23, 2016
|

MPUMALANGA UITSLAE 0/15 -liga

 

Beide NHS se o/15-spanne is tops in die provinsie

15A1 mpu wenners

 

o/15 A1 Voor:  me. Reneé Adendorff, Chanel Cronjé, Bessie Breytenbach, Deleen Oberholzer.

Agter: Dané Bruwer, Megan Silver, Chanté Oelofse, Lizaan Olivier, Mianke Enelbrecht, Nicola Cronjé.

 

Hoërskool Nelspruit se o/15A1 en A2-netbalspanne het op 20 Augustus aan die Kay Motsepe o/15-toernooi deelgeneem en beide die eerste- en die derde plek in die provinsie losgespeel.

Hierdie twee spanne het in die semi-finaal teen mekaar te staan gekom en uiteindelik was dit die A1-span wat deurgedring het na die finaal, nadat hulle ‘n oorwinning van 22-7 oor hul maats behaal het.  Die finaal was ‘n taai stryd teen HTS Middelburg, maar die Nellies het hul man gestaan en die knoop met ‘n telling van 13-8 deurgehak.

NHS se A2-span het teen HTS Witbank vir die derde- en vierde plek meegeding en het weggestap met die bronsmedalje.  Die eindtelling was 14-9 in die Nellies se guns.

15A2 derde

 

o/15 A2 Voor:  Clarissa Potgieter, Nuret Swanepoel, Margo Meyer, me. Elize Stidworthy.

Agter:  Daniëlle Combrink, Zandri Potgieter, Carli Kilian, Lianie Jansen van Vuuren, Anika Sutherland.

uITSLAE

 

 

 

MPUMALANGA UITSLAE

 

uitslae

NHS O/17A algehele wenners MSN netbalkampioenskappe

 

IMG-20160614-WA0007

Toni Greef, Elmay Els, Urica van Rooyen, Melandi Lourens, me. Chantelle Claassen, Zuleka Breedt, Nieke Kitching, Deidré de Kock, Tanya Lindeque.