Netbal

Netbal

April 13, 2016
|
Netbalspelers leer by top-afrigter

Voor: Dané Bruwer, Lizaan Olivier, Chanté Oelofse, Megan Silver. Agter: Nicola Cronjé, Chanel Cronjé, Deleen Oberholzer, Bessie Breytenbach.

Anelde van den Berg

Hoërskool Nelspruit se netbalspanne het vanaf 21 tot 23 Maart na Afrikaanse Hoër Meisies getoer. Dit was vir die dogters ‘n uitstekende leerskool en elke span het ‘n minimum van 8 wedstyde gespeel. Daar was skole van regoor die land en die wêreldbekende afrigter, Yvonne Willering van Nieu- Seeland, het daagliks afrigtingskursusse aangebied. Die doel van die toer was nie net om wedstryde te speel nie, maar ook om spangees te bou en finale afronding in spanne te doen. Die afrigters is tevrede met die Nellies se uitslae en besonder trots op Anelda van der Berg wat as die 0/14 verdediger van die toernooi aangewys is en die o/15A1-span wat ‘n eersteplek in die toernooi behaal het.

Die volgende uitslae is behaal:

O/14             9e    14 spanne,
O/15 A1        1e    14 spanne,
O/15 A2        9e    14 spanne,
O/16             4e    14 spanne,
O/17             4e    12 spanne,
1e span         8e    16 spanne,