Nellies vier hoof se verjaarsdag

Nellies vier hoof se verjaarsdag

September 13, 2018
|

Hoërskool Nelspruit-hoof, mnr. Johan Hattingh het Sondag 9 September sy verjaarsdag gevier. Dit is al tradisie by die Nellies om saam met die hoof sy verjaarsdag te vier, en dit was dié jaar mnr. Hattingh se beurt om met ‘n vinnige helikopterrit oor die omgewing bederf te word. Leerders het Vrydag die geleentheid saam geniet met ‘n spesiale byeenkoms waartydens daar vir die hoof gesing is en daar ‘n kolwyntjie vir elke leerder was. Leerders wat Vrydag 7 September sowel as Sondag 9 September verjaar het, het ook ‘n lekker bederf gekry!

Gelukkige verjaarsdag mnr. Hattingh!