Nellies se atlete wys hulle is slaggereed vir die Laeveld- en Super Interhoër!

Nellies se atlete wys hulle is slaggereed vir die Laeveld- en Super Interhoër!

February 20, 2018
|

Om finale kompetisie-afronding vir die komende twee interhoër-byeenkomste, teen gedugte atletiekskole soos Affies, Waterkloof en Kemptonpark te kry, was presies wat NHS se ewe gedugte span op Vrydag, 9 Februarie in Pretoria, nodig gehad het. Al was daar sekerlik ‘n atleet of vyf wat, om moontlike beserings op hierdie laat stadium te vermy, nie op alle silinders gevuur het nie, wys die talle uitstaande vertonings dat die Laevelders desondanks moes uithaal om podiumplekke te verwerf. 

 

Al het Affies die byeenkoms gewen, met Waterkloof in die tweedeplek, kan NHS trots wees op sy atlete wat ‘n erkende atletiekkrag soos Kemptonpark, met 969 punte teenoor 952, die loef afgesteek het.

 

Nadat sy vele byeenkomste weens ‘n besering misgeloop het, het die 14-jarige Anje Nel vir die beste Nellie-vertoning van die dag gesorg, toe sy op ‘n pragtige hoogte van 1,55m in die hoogspring(m.14) oor die dwarslat geseil het – ‘n volle 955 ABSA-punte werd! Rhodé Nel (m.15) het in twee items (200m – 25.66 sek., 944; asook 400m – 58.72 sek., 931) ook verby die 900-punte kerf geskuif. Larise Combrink (m.14) se 5,03m in verspring, was 918 punte werd, terwyl Lané Taljaard met haar 1,55m in die hoogspring, m.15 vir 905 punte gesorg het. Onder die seuns, kon net Douw Kruger (s.16) beter as 900 punte haal, toe hy die 5kg-gewig op ‘n baie goeie 15,93m laat grondvat het (934 punte).

 

‘n Stokou aflosrekord wat 36 jaar lank vele aanslae oorleef het, het in die stof gebyt toe NHS se puik aflosspan vir meisies 15, die 4x100m in ‘n skitterende 50.47 sek. voltooi het (907 punte werd).

 

Aubrey van der Bank (s.17) het by ‘n klein, eksklusiewe ‘klub’ aangesluit, toe hy net een van ‘n handjievol Nellies kon word wat die 700g-spies verder as 60m kon gooi. Sy gooi van 60,52m plaas hom in die geselskap van groot name soos Werner Bouwer, Stefan Smit, Stefan vd Bank, Dewald Nel, Jannie Smal, Hanco Terblanché – en Werner Kok, huidige Springbok 7’s-rugbyspeler, wat die prestasie in 2010 vermag het.

 

Nelspruit se medalje-wenners by die Waterkloof-byeenkoms, was die volgende: (*ABSA-punte tussen 800 en 900 word aangedui)

Marco Capazario.

Eersteplekke (goud):

 

Ruan Labuschagné (s.19): 400m hekkies – 53.58 sek. (886); ook 200m – 22.66 sek. (808)

Van Reenen Kruger (s.15): 100m hekkies – 14.07 sek. (886); ook 300m hekkies – 40.74 sek. (842); en 400m – 54.57 sek.

Jaytee Boers (s.17): 800m – 2:00.44 (891)

Matthys Wessels (s.17): 1500m – 4:25.67

Devon Nell (s.17): 400m hekkies – 55.98 sek. (837)

Mackie Ngwenya (s.17): driesprong – 12,66m

Douw Kruger (s.16): skyfwerp – 46,03m (888)

 

Rhodé Nel (m.15): 100m – 12.83 sek. (888), ook 200m – 25.66 sek.; en 400m – 58.72 sek.

Lallie Grobler (m.14): 400m – 64.73 sek.; ook 300m hekkies – 48.67 sek. (815)

Kyla Labuschagné (m.16): 400m – 61.71 sek.

Anje Nel (m.14): 90m hekkies – 14.80 sek.; ook hoogspring – 1,55m

Megan Nel (m.17): driesprong – 11,03m (804)

Shana Scott (m.15): gewigstoot – 12,19m (887)

Ilke Joubert (m.19): gewigstoot – 11,53m

Michelle Bouwer (m.17): spiesgooi – 34,16m

Marné van Aarde (m.19): spiesgooi – 32,39m

Aflos, m.14 – 53.34 sek. (817)

Larise Combrink (m.14): verspring – 5,03m

 

Tweedeplekke (silwer)

 

Handré vd Merwe (s.14): 200m – 25.63 sek.; ook 300m hekkies – 42.96 sek. (800); en spiesgooi – 42,62m

Van Reenen Kruger (s.15): 200m – 24.07 sek. (816)

Marco Capazorio (s.14): 400m – 58.15 sek.; ook 100m hekkies – 15.32 sek.

Luthando Mabuza (s.15): 1500m – 4:38.93

Matthys Wessels (s.17): 3000m – 9:55.71

Mackie Ngwenya (s.17): verspring – 6,25m

Riandré vd Merwe (s.19): driesprong – 12,19m

Douw Kruger (s.16): gewigstoot – 15,93m

Chyle van Zyl (s.17): gewigstoot – 15,12m (818)

Jacques Marais (s.16): skyfwerp – 43,22m (821)

Stefan Smit (s.19): skyfwerp – 44,16m

Zander vd Merwe (s.16): spiesgooi – 48,17m

Aubrey vd Bank (s.17): spiesgooi – 60,52m (852)

Joshua Maass (s.19): spiesgooi – 54,35m

Aflos, s.19 – 43.90 sek.

 

Larise Combrink (m.14): 100m – 13.57 sek.; ook 200m – 27.22 sek. (855)

Nicci Viljoen (m.15): 200m – 26.80 sek. (828); ook 300m hekkies – 47.10 sek. (816)

Jessica Berry (m.17): 1500m – 5:07.35

Carla Schultz (m.14): hoogspring – 1,45m (853)

Lané Taljaard (m.15): hoogspring – 1,55m

Linmari Potgieter (m.19): hoogspring – 1,45m

Marné van Aarde (m.19): gewigstoot – 10, 98m; ook skyfwerp – 31,90m

 

Derdeplekke (brons)

 

Handré vd Merwe (s.14): 100m – 12.74 sek.; ook 100m hekkies – 15.53 sek.

Lourens Potgieter (s.16): 100m – 11.77 sek.

Luan Steyn (s.14): 800m – 2:20.06; ook 1500m – 4:50.92

Kendrick Salmans (s.16): 800m – 2:06.71 (812)

Tertius Mentz (s.19): 800m – 2:00.32

Marco Capazorio (s.14): 300m hekkies – 43.09 sek.

Ricardo Raubenheimer (s.14): hoogspring – 1,60m (865)

Tian Zietsman (s.16): hoogspring – 1,75m (811)

Ewald Putter (s.17): hoogspring – 1,75m

Jacques Marais (s.16): verspring – 6,02m

Chyle van Zyl (s.17): skyfwerp – 41,67m

Andreas Fouché (s.14): spiesgooi – 37,78m

Stefan Smit (s.19): spiesgooi – 52,07m

Aflos, s.14 – 50.35 sek.

 

Kyla Labuschagné (m.16): 200m – 27.23 sek.

Chanté Nel (m.19): 200m – 27.76 sek.; ook 400m hekkies – 71.71 sek.

Karien Goosen (m.14): 400m – 65.55 sek.

Thembi Cossa (m.19): 400m – 63.71 sek.

Nicci Viljoen (m.15): 90m hekkies – 14.99 sek.

Tayla Kotzee (m.16): 400m hekkies – 74.24 sek.

Chantel Olivier (m.16): hoogspring – 1,40m

Megan Nel (m.17); hoogspring – 1,45m

Shana Scott (m.15): skyfwerp – 33,39m (892)

Ilke Joubert (m.19): skyfwerp – 31,84m

Aflos, m.16 – 52.94 sek. 

 

Nog ‘n paar blink vertonings wat die opgewondenheid oor die komende interhoër nog meer versterk, sluit in:

 

Quinn van Zyl (s.15): skyfwerp – 42,15m (802)

Frederick Nel (s.15): gewigstoot – 13,63m

Ben Strydom (s.19): 200m – 23.29 sek.

Henko de Nysschen (s.16): 400m – 52.80 sek. (800)

Phillip Vogel (s.14): hoogspring – 1,55m (822)

Jana Engelbrecht (m.15): 100m – 13.45 sek.

Megan Nel (m.17): verspring – 5,11m

Christine Kruger (m.16): gewigstoot – 12,40m (882); ook skyfwerp – 30,45m

Silvia Barnard (m.14): spiesgooi – 28,72m

Lallie Grobler (m.14): 200m – 28.49 sek.

 

Baie dankie aan al ons spog-atlete en hul afrigters – die pre-interhoër deel van vanjaar se atletiekseisoen, was fenomenaal! Mag die grafiek se kurwe steeds opwaarts beweeg en elke atleet vir sy/haar persoonlike beste, bly streef.