Nellies samel R30 000 in vir Cansa!

Nellies samel R30 000 in vir Cansa!

November 20, 2018
|

Tien debutante van Hoërskool Nelspruit is op 2 November by die jaarlikse Cansa-bal vereer vir hul  invordering van fondse vir dié organisasie.  Amori Grobler het ‘n spesiale toekenning ontvang vir haar onbaatsugtige dienslewering deur die jaar. Die bal is bygewoon deur debutante en ambassadeurs van Hoërskool Nelspruit, Hoërskool Bergvlam, Lowveld High School en Uplands College.  Om te kwalifiseer moet ‘n leerder ouer as 16 wees en ‘n minimum van R2 500 insamel.  Die Nellies het R30 000 ingesamel vir 2018.