Nellies presteer in Nasionale redenaars

Nellies presteer in Nasionale redenaars

August 14, 2019
|

Tydens die nasionale finaal van die ATKV Redenaars wat op 3 Augustus te Goudini aangebied is, het Ernst Pieterse in die onvoorbereide redenaars vir seniors tweede in Suid-Afrika geëindig. Hy is net-net deur Petrus du Preez van Hoërskool DF Malan geklop. Na ‘n voorbereidingstyd van 90 minute moes die redenaars bewys dat daar inklusiewe onderwys in skole moet wees of nie moet wees nie.

Ernst Pieterse in graad 11 en die onderhoofleier vir Kultuur en Omgee vir 2020 het sy staal gewys deur ‘n fenominale toespraak te lewer. Mev. Frances van Niekerk wat Ernst met die kuns van onvoorbereide redenaars gehelp het, is baie trots op hierdie prestasie. Mev. Magda van der Merwe, redenaars-en debatorganiseerder by Hoërskool Nelspruit sê dat Ernst vir die eerste keer aan redenaars begin deelneem het in sy graad 9 jaar en dat hy nog elke jaar van daar af aan die nasionale finaal deelgeneem het.

In 2017 het hy vierde in die junior afdeling geëindig. Nog twee ander Nellies het ook aan die finaal deelgeneem. Anke Oelofse het aan die junior voorbereide redenaars deelgeneem en Anthony Mabuza het in die junior addisionele taalafdeling van die voorbereide redenaars beïndruk met sy toespraak dat rugby vir ‘n man deure oopmaak.