Nellies kraai koning by Groot 5-tennistoernooi

Nellies kraai koning by Groot 5-tennistoernooi

February 13, 2019
|

Hoërskool Nelspruit het die afgelope naweek die jaarlikse Groot 5-tennistoernooi  aangebied. Die nege deelnemende skole was Hoërskool Nelspruit, Wilgerivier, Waterkloof, Ermelo, Affies, Garsfontein, HTS Middelburg, Monument en Boland Landbou.

Al die deelnemende tennisspelers het deur die loop van die naweek teen gedugte teenstanders te staan gekom en het die wedstryde in ‘n baie goeie gees plaasgevind. Die Nellie dogters het 36 wedstryde gespeel in die toernooi en verloor slegs 2 enkels en 2 dubbels. In die uitspeelwedstryd moes hulle kragte meet teen die verdedigende kampioene Afrikaanse Hoër Meisieskool Pretoria. Die Nellies wen oortuigend met 12 stelle.

Aan NHS se seuns word erkenning gegee vir  hul sportmanskap en eindig algeheel in die derde plek. Japie Lubbe (kaptein) word as die seun met die beste sportmanskap in die toernooi gekies.