Nellies doen dit weer by die Interhoër

Nellies doen dit weer by die Interhoër

February 20, 2017
|

Ondanks ‘n spanningsvolle tydjie weens die moontlike ontwrigting wat sikloon Dineo kon veroorsaak, is 2017 se Laeveld-interhoër verlede Saterdag (18 Februarie) met groot welslae op Barberton aangebied. Die gasheerskool verdien lof en bewondering vir die wyse waarop hulle baie hard gewerk het om die swaar, nat baan en veld, in gereedheid te bring. Nellies se 52ste agtereenvolgende oorwinning, was welverdiend en net weer ‘n bewys dat, wanneer die bekende Nellie-‘guts’ inskop, sukses om die draai wag!

 

Die patroon was gou duidelik: Rob Ferreira het met ‘n verbete poging gekom om vanjaar die seunstrofee te verower, en NHS se meisies het soos selde tevore, hul afdeling oorheers. Die stryd tussen die twee topskole se seunspanne, het kookwater-atletiek tot gevolg gehad – en die ander skole se individuele sterre het ook nie op hulle laat wag om glans aan die dag te verleen nie.

 

Uiteindelik het NHS se weldeurdagte spankeuse en gebalanseerde verspreiding van krag oor al die dissiplines en items, die deurslag gegee. Soos verwag is, was die seuns se krag in die worpe veral, een te veel vir hulle teenstanders. Dit was dan NHS se kaptein, Naas Marais, wat die seunstrofee na ‘n wentotaal van 586 punte, omhoog kon hou. Hulle is gevolg deur Rob Ferreira (475), Lydenburg  (302), Lowveld High (253), Bergvlam (246), Penryn College (183) en Barberton, slegs een agter Penryn (182). Wat goue medaljes betref, was NHS en Rob Ferreira deurgaans kop-aan-kop, en kon die Nellies (25) slegs twee meer as die manne van Witrivier (23) inoes. NHS se 33 silwermedaljes (teenoor die 15 van RobF) wys duidelik waar die diepte lê. Onder die meisies, was NHS (608) veels te sterk vir Rob F (368), met Lydenburg (334) in die derdeplek. Hulle is gevolg deur Bergvlam (213), Penryn College (211), Lowveld High (174) en Barberton (165). Die Nellies se totaal van 79 medaljes (RobF 36, Lydenburg 31) vertel die hele verhaal. As die twee afdelings saamgevoeg word, is dit dan Hoërskool Nelspruit (1194) wat die wennerstrofee voor die neuse van Rob Ferreira (843) en Lydenburg (636) wegraap.

 

Onder die seuns, was dit weer Jacques Marais wat in skyfwerp (s.15) die beste ABSA-punt deur ‘n Nellie, verwerf het. Sy afstand van 52,80m is ‘n volle 1085 punte werd, 40 meer as die 1045 wat Douw Kruger (ook s.15) in gewigstoot (16,97m) behaal het. NHS se beste meisie was Christine Kruger, wat die 3kg-ysterbal op 12,17m laat grondvat het – 886 punte op die tabel.

 

As na die rou statistieke gekyk word, moet die hoed hoog vir die meisies gelig word! Nie alleen het hulle ‘n groter totaal as die seuns opgestapel nie, maar twee meisies het al vier individuele items items waaraan hulle kon deelneem, gewen – ‘n groot prestasie! Nicola Cronjé (m.16) en Nerina Visser (m.19) kan baie trots op hulle voltalle voel.

 

Medalje-wenners:  Seuns

 

Goud (eersteplekke)

 

Van Reenen Kruger (s.14): 100m hekkies – 14.60 sek. (862)

Quinn van Zyl (s.14): skyfwerp – 34,95m

Lourens Potgieter (s.15): 100m – 11.30 sek. (915); ook 200m – 23.53 sek.(858); en 400m – 54.52 Conrad Grobbelaar (s.15): 1500m – 4:28.64

Douw Kruger (s.15): gewigstoot – 16,97m (1045); ook spiesgooi – 50,69m

Jacques Marais (s.15): skyfwerp – 52,80m (1085)

Devon Nell (s.16): 110m hekkies – 15.31 sek.(806); ook 400m hekkies – 56.96 sek. (837)

Chyle van Zyl (s.16): gewigstoot – 14,25m (811)

Aubrey vd Bank (s.16): spiesgooi – 53,24m (809)

Ruan Labuschagné (s.17): 400m hekkies – 56.36 sek. (821)

Wian Otto (s.17): gewigstoot – 15,80m (864)

Stefan Smit (s.17): skyfwerp – 48,51m (842), ook spiesgooi – 56,70m

Ben Strydom (s.17): 200m – 22.73 sek. (857), ook 400m – 52.30 sek.

Tertius Mentz (s.17): 800m – 1:59.56 (877)

Naas Marais (s.19): gewigstoot – 15,62m (807), ook skyfwerp – 48,05m

Stephan vd Bank (s.19): spiesgooi – 54,36m

 

Silwer (tweedeplekke)

 

Van Reenen Kruger (s.14): 300m hekkies – 42.88 sek.; ook 400m – 59.58 sek.

Ruben Grundlingh (s.14): 800m – 2:19.27; ook 1500m – 4:50.32

Jade Swanepoel (s.14): hoogspring – 1,60m (865)

Ronnie Raubenheimer (s.14): gewigstoot – 11,41m; ook skyfwerp – 30,07m

Terrence Terblanché (s.14): spiesgooi – 39,00m

Henko de Nyschen (s.15): 400m – 55.04 sek.

Douw Kruger (s.15): skyfwerp – 48,57m (961)

Marcel Saayman (s.15): spiesgooi – 48,00m

Jaytee Boers (s.16): 800m – 2:06.21

Matthys Wessels (s.16): 1500m – 4:25.75

Ivan Potgieter (s.16): 400m hekkies – 65.10 sek.

Janrico Vermeulen (s.16): gewigstoot – 12,33m

Chyle van Zyl (s.16): skyfwerp – 40,87m

Janco Pretorius (s.16): spiesgooi – 45,47m

Charlie Naudé (s.17): 800m – 2:03.08

Tertius Mentz (s.17): 1500m – 4:18.33

Andreas van Heerden (s.17): 3000m – 9:29.24 (*nog onder 16)

Ruan Labuschagné (s.17): 110m hekkies – 15.51 sek.

Riandré vd Merwe (s.17): 400m hekkies – 58.49 sek.

Joshua Maass (s.17): verspring – 6,48m

Wian Otto (s.17): skyfwerp – 44,40m

De Villiers Basson (s.19): 400m – 51.92 sek.

Duvan van Duyker (s.19): 110m hekkies – 15.17 sek.; ook 400m hekkies – 56.48 sek.

JC Taljaard (s.19): hoogspring – 1,80m

Meli Mazibuko (s.19): verspring – 6,20m

Stephan vd Bank (s.19): gewigstoot – 14,12m

Henco Pieters (s.19): skyfwerp – 46,88m

 

Brons (derdeplekke)

 

Luthando Mabuza (s.14): 800m – 2:20.55; ook 1500m – 5:01.67

Frederick Nel (s.14): gewigstoot – 11,29m

Hendrik Dreyer (s.14): spiesgooi – 36,60m

Attie Smit (s.15): 1500m – 4:33.00

Handré Homan (s.15): 300m hekkies – 43.89 sek.

Jacques Marais (s.15): gewigstoot – 15,42m (915)

Adriaan van Aarde (s.16): hoogspring – 1,65m

Mackie Ngwenya (s.16): verspring – 6,02m

Riandré vd Merwe (s.17): 110m hekkies – 15.96 sek.

Ben Strydom (s.17): verspring – 6,32m

Estian Schroeder (s.17): gewigstoot – 14,58m

Donald Alderson (s.17): spiesgooi – 48,46m

Ruan Labuschagné (s.17): 400m – 53.76 sek.

Ruben Buitendag (s.19): 400m – 52.58 sek.

De Villiers Basson (s.19): 800m – 1:56.83 (829)

Dylan Soderlund (s.19): spiesgooi – 42,55m

 

Medalje-wenners:  Meisies

 

Goud (eersteplekke)

 

Jana Engelbrecht (m.14): 100m – 12.83 sek. (872)

Nicolize Aucamp (m.14): 200m – 27.27 sek. (835); ook 400m – 61.71 sek. (839)

Wilmi Basson (m.14): 800m – 2:39.02; ook 1500m – 5:19.85

Nicci Viljoen (m.14): 300m hekkies – 50.38 sek.

Shana Scott (m.14): skyfwerp – 29,78m (853); ook spiesgooi – 28,87m

Suzaan Nel (m.15): 400m – 62.05 sek.

Tayla Kotzee (m.15): 90m hekkies – 14.52 sek.; ook 300m hekkies – 49.48 sek.

Christine Kruger (m.15): gewigstoot – 12,17m (886)

Nicola Cronjé (m.16): 100m – 12.69 sek. (833); ook 200m – 26.87 sek.; 400m – 61.39 sek.; en 800m – 2:22.58

Jessica Berry (m.16): 1500m – 5:02.96

Zanelle Moller (m.16): 100m hekkies – 16.67 sek.

Carli Killian (m.16): verspring – 4,66m

Megan Caldeira (m.16): skyfwerp – 25,16m

Sammy Carmichael (m.16): spiesgooi – 30,17m

Marné van Aarde (m.17): gewigstoot – 12,54m (857)

Thembi Cossa (m.17): 400m – 63.94 sek.; ook 800m – 2:34.50; en 1500m – 5:27.52

Linmari Potgieter (m.17): hoogspring – 1,55m (822)

Nerina Visser (m.19): 100m – 12.74 sek.; 400m – 61.64 sek.; 100m hekkies – 16.03 sek.; en 400m hekkies – 66.14 sek.

Mia Erasmus (m.19): 800m – 2:26.46; ook 1500m – 5:03.52

Anke Engelbrecht (m.19): 200m – 27.12 sek.

Andrea Boerman (m.19): hoogspring – 1,38m

Ilke Joubert (m.19): gewigstoot – 11,77m (*nuwe Nellie-rekord)

Zuleka Breedt (m.19): spiesgooi – 31,80m

 

Silwer (tweedeplekke)

 

Shana Scott (m.14): gewigstoot – 10,98m

Nicolize Aucamp (m.14): 100m – 12.90 sek. (866)

Jana Engelbrecht (m.14): 200m – 27.39 sek. (824)

Naomi vd Nest (m.14): 400m – 66.80 sek.; ook 300m hekkies – 51.05 sek.

Nicci Viljoen (m.14); 90m hekkies – 15.30 sek.

Lané Taljaard (m.14): hoogspring – 1,25m

Suzaan Nel (m.15): 100m – 12.80 sek. (854)

Kyla Labuschagné (m.15): 400m – 65.11 sek.

Mila de Villiers (m.15): 1500m – 5:02.17

Rachelle Ressa (m.15): 300m hekkies – 52.92 sek.

Jessica Berry (m.16): 400m – 62.27 sek.; ook 800m – 2:23.99

Carli Killian (m.16): hoogspring – 1,45m

Nadia Buitendag (m.17): 400m – 64.83 sek.

Clarissa Boshoff (m.17): verspring – 4,74m

Marné van Aarde (m.17): spiesgooi – 34,14m

Anke Engelbrecht (m.19): 100m – 13.27 sek.; ook verspring – 4,81m

Linsey Reiter (m.19): 400m – 65.88 sek.

Ilke Joubert (m.19): skyfwerp – 29,55m

 

Brons (derdeplekke)

 

Eunice Lubbe (m.14): 1500m – 5:37.75

Inge Meyer (m.14): verspring – 4,40m

Naomi vd Nest (m.14); spiesgooi – 23,73m

Mila de Villiers (m.15): 800m – 2:26.42

Leonine Gildenhuys (m.15): 1500m – 5:20.61

Chantel Olivier (m.15): hoogspring – 1,40m

Marelise van Staden (m.15): gewigstoot – 10,49m

Christine Kruger (m.15): spiesgooi – 26,71m

Shannon Pretorius (m.16): 100m – 13.35 sek.

Saartjie Breytenbach (m.16): 1500m – 5:55.84

Zanelle Moller (m.16): 400m hekkies – 75.14 sek.

Nadia Buitendag (m.17): 200m – 27.95 sek.

Melissa le Clus (m.17): 1500m – 5:35.11

Jessica Berry (m.19): 3000m – 10:57.33 (*nog onder 16)

Deidré de Kock (m.19): 100m hekkies – 18.02 sek.; ook hoogspring – 1,35m

Linsey Reiter (m.19): 400m hekkies – 76.96 sek.

Corijana van Loo (m.19): gewigstoot – 8,89m

Tania Hlabane (m.19): skyfwerp – 29,00m

Genevieve J.van Rensburg (m.19): spiesgooi – 23,70m

 

Nou verteenwoordig Hoërskool Nelspruit die Laeveld by die jaarlikse groot Pukke Super-interhoër, waar slegs een atleet per skool, aan ‘n item mag deelneem. NHS is in die A-bond (dus een van die top 8), en gaan ‘n klipharde stryd tegemoet. Baie sterkte aan al die atlete en hul afrigters!

 

Hier is ‘n paar foto’s: