Nellies derde in Skole Kook-finaal

Nellies derde in Skole Kook-finaal

October 9, 2017
|

NHS se bobaas-gasvryheidstudente Chevonne Fourie en Elrisa Jacobs het die naweek aan die nasionale finaal van KykNET se Skole Kook-kompetisie by die Capital Hotel-skool in Pretoria deelgeneem en algeheel 3de geëindig. Dit kom nadat hulle onlangs die Mpumalanga-been van die kompetisie gewen het. Deel van die naweek was ook ‘n uitreikprojek saam met Groot FM. Baie geluk! 

 

 

 

 

Elrisa Jacobs en Chevonne Fourie.