Nellie-uitblinkers word beloon – Prysuitdeling 2018: Akademie & dienslewering

Nellie-uitblinkers word beloon – Prysuitdeling 2018: Akademie & dienslewering

October 16, 2018
|

Hoërskool Nelspruit het Donderdag 11 Oktober die tweede prysuitdeling vir die jaar  aangebied waartydens daar akademiese- en diensleweringtoekennings gemaak is. Sport-, kultuur- en betrokkenheidtoekennings is tydens die eerste prysuitdeling in Augustus gemaak. Balkies, erekleure en spesiale erepennings  is toegeken, asook enkele sporttoekennings wat nie by die vorige geleentheid gemaak kon word nie. Toppresteerders in die skool het trofeë ontvang. Baie geluk aan al die uitnemende Nellies wat pryse gewen het.  Oud-Nellie en opera-sangeres Johanni van Oostrum wat in 1988 hoofmeisie by NHS was, is ook op die aand vereer vir haar internasionale prestasies op kultuurvlak. Die aand is moontlik gemaak deur Stabilis. 

Toppresteerders/trofeewenners 

• Gholfspeler van die jaar: Rico Viljoen

• Landloper van die jaar

Junior dogter: Berna Kok

Junior seun: Luan Steyn

Senior dogter: Mila de Villiers

Senior seun: Conrad Grobbelaar

 

• 12 jaar getroue skoolbesoek: Carla Venter, Paul Rheeder, Michelle Jacobs en Dewald van der Berg.

 

• Dux leerder: Carla Venter

 

• Mees verdienstelike leerder: Samantha Dunn

• Die hoof se toekenning: Stefan Smith