Nellie TV-kanaal nou aanlyn beskikbaar

Nellie TV-kanaal nou aanlyn beskikbaar

August 23, 2019
|

NHS en Digitv is trots om aan te kondig dat die Nellie TV-kanaal nou aanlyn beskikbaar is. Die platform is gratis, maar hou in gedagte dat dit data gebruik.
Hoërskool Nelspruit is opgewonde om die kanaal te gebruik om lewendige uitsendings te stroom en dan ook om ander gebeurtenisse op kamera vas te vang en dan beskikbaar te stel op die kanaal wat dan later na gekyk kan word.
Dit is net nog ‘n opwindende, interaktiewe manier om met leerders, ouers en Oud-Nellies te kommunikeer. Leerders kry ook die geleentheid om meer te leer van kamerawerk, video-redigering en TV-aanbieding.

Skakel gerus in Saterdag, 24 Augustus om 09:00 om die lewendige uitsending van die Krieket Eerstespan wedstryd teen Uplands te kyk. Daar gaan ook ‘n baie spesiale gebeurtenis tydens middagete plaasvind wat nie gemis moet word nie!