Natuurlewevereniging besoek Dullstroom

Natuurlewevereniging besoek Dullstroom

May 10, 2017
|

Hoërskool Nelspruit se natuurlewevereniging het Sondag 7 Mei besoek afgelê in Dullstroom waar hulle die Bird of Prey & Rehabilitation Centre besoek het.

Dit was ‘n plesierige uitstappie te danke aan goeie weer saam met mev. Linda Spasimante, mnr. DP en mev. Joanita Badehorst wat die leerders vergesel het.

“Dit is ‘n pragtige en netjiese dorp en heerlik vir gesinne wat ook wil piekniek hou,” meen mev. Spasimante wat ook die organiseerder en sameroeper van die vereniging is.

Die dag het egter om die natuur gedraai en het die Bird of Prey-gids gesorg dat die leerders ‘n leersame dag het. NHS het dan ook ememrs, stoflappe en skropborsels wat op die sentrum se wenslys is, aan hulle geskenk.

Daar was darem ook tyd vir ‘n vinnnige melkskommel voor daar weer huiswaarts gekeer is.