Muurbalspelers op pad na interprovinsiale toernooi

Muurbalspelers op pad na interprovinsiale toernooi

May 23, 2017
|

Vier leerders het vanaf 28 tot 30 April aan die SACD (South African Country District)-toernooi in Bloemfontein deelgeneem. Hulle gaan nou later die jaar aan die interprovinsiale toernooi deelneem. Dawid Wille (o/19)  is in die A-span, Johan Kruger (o/19) het die B-span gehaal, Neil Henning (o/16) A-span en Ruan Fourie (o/16) A-span. Baie geluk en sterkte vir die IPT!