Mpumalanga Liga Uitslae

Mpumalanga Liga Uitslae

MPUMALANGA LIGA UITSLAE

 

 

 

Rhinos XV behaal spog-oorwinning oor

 

HTS Middelburg

 

2 Rhinos xv

Voor: Oscar Schuld (kaptein), Renoux de Beer.
1ste ry: Morne Pretorius, Hernus Pieters, Wian Steyn, Michael Bodenstein, Hannes Aucamp, Armand Broekman.
2de ry: Idion vd Merwe, Rikus Brooderyk, Dawid Joubert, Nico van Rooyen, Lukas de Kock, Mauru Bucuchane, Wessel Muller, Wynand Visser, mnr Gerhard Holtzhausen.
3rde ry: Jeandre Coetzee, Marinus Enslin, J.J. Beeby, mnr Chris Mans, Riaan le Roux, Stefan de Jager, Marnus vd Merwe, Coenie Kruger.

 

Hoërskool Nelspruit se eerste rugbyspan en HTS Middelburg het dinsdag op Middelburg hul rugbystemme dik gemaak.  Die Rhinos XV het die gedugte span van HTS Middelburg in die finaal van die Pumas se afdeling vir makro-skole in die doodsnikke van hul wipplank-wedstryd met 14-12 gewen.
Met twee minute in die wedstryd oor, was die Rhinos XV met een punt agter toe ‘n strafskop aan hulle toegeken word.  Wessel Muller, die Rhinos XV se puik losskakel, het onder groot druk die bal tussen die pale gejaag vir die oorwinning.
Die Rhino XV se enigste drie is gedruk deur Nico van Rooyen.  Wessel Muller het met nog ‘n strafdoel geslaag en Renoux de Beer het vroeg in die wedstryd bloed geruik toe hy ‘n skepskop oorgeklits het.
Volgens mnr. Gerhard Holtzhausen, afrigter van die Rhinos XV, is dit verblydend dat drie uit die vier A-ligas deur die Rhinos verower is. Dit is ook die eerste keer is dat die Rhinos XV die liga vir eerstespanne vir die tweede opeenvolgende jaar wen.

 

 

 

 

 

 NHS loop met twee A-liga wenne weg by

 

MPU- finaal

 

 


Hoërskool Nelspruit se O/14A en O/16A rugbyspan het die afgelope naweek as Mpumalanga-wenners van die makro-skoleliga vir A-spanne geseëvier.
Die puntemakers by die O/16’s was Nico de Kock en Dewald Maritz met twee uitstekende drieë.  Die res van die telling was aangevul deur Francois Esselen se skopskoen. Hulle wen 25-12 teen HTSM.
Die O/14’s behaal ‘n oorwinning van 19-3 teen MHS. Tiaan Kotzee, Marais Cloete en Henko van der Merwe het agter die doellyn gedraai.

 

O16 Rugby

 

0/16A

O/16’s
Voor:  Dana van Wyk (afrigter), Darren Rix, Janco Steenkamp, Dewald Maritz, Rheinhard Grobler, Marnus Kruger, Arno Habig, Ruahn Maass, Jocha Cronje, Evan Beukes.

Agter:  Nico de Kock, Harry Hearne, Bartlo Nel, Francois Esselen, Junior Schmidt, Morgan Naudé, Robert Meuleman, Wessel Gelderblom, Riaaz Adebayo, Zihan Nel, Craig Bouwer.

 

 

O14 Rugby

O/14’s
Voor: Wouter de Vos (afrigter) Gert Loubser, Banele Mthenjane, Wian Otto, Isak Swanepoel, Stefan Smit (kaptein), Tiaan Kotzee, Lance Smit, Rainer Spruyt, Le Roux Louw, Ruan Delport (afrigter).
Agter:  Paul Rheeder, Graeme Bouwer, Jason Cornelius, Jean Jordaan, Henko van der Merwe, Joshua Maass, Estian Schroeder, Marias Cloete, Riandré van der Merwe.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Vier NHS-spanne as Mpumalanga

 

wenners gekroon

 

 

In die makro-skoleliga vir B-spanne wen 0/14C teen HTS Witbank 56-7, 0/15B wen NHS 30-19 teen HTS Middelburg en die vierde span wen 21-5 teen HTSM.  HTSM ontrek uit die finaal en O/15C dring outomaties deur. Hierdie vier spanne is dus die Mpumalanga-wenners.

 

4de span MPU Wenners

4de Span
Voor: Anton Strydom, Lourens Koekemoer, Vincent van Aswegen, Rouxhan Bredenkamp, Nico Joubert, Matlu Oosthuizen en Richardo Frade.
Middel: Christof Kruger, Heinrich van Jaarsveld, Junior Carlson, Michael van Wyk, Koali Moketsi, Clement Mkhonto en Craig Pullen.
Agter: Ruan Niewoudt, Arno Nortje, Herman Bolton,  Dylan du Preez, Jean Potgieter, Herman Oosthuizen, Hanno Barnard, Willie van der Merwe (afrigter),  Brendan Nel, Douw Steyn, Marno van Eijk, Heinri Morkel, Jano Visser en Louis Pretorius.

 

 

 

Untitled

 O/15B WENNERS MPUMALANGA LIGA

Voor:     Neil de Kock, Meli Mazibuko, Kyle James

Middel:  Willie van Dyk, Dylan Sodurland, Wynand Hugo, Frans Malan, Heinrich Geldenhuys,  Cobus Viljoen, Andrew Nienaber

Agter:  Mikael van Heeden, LJ Daschner, Jacques Momberg (afrigter) , Martin Ras (afrigter), SP Muller, Luke Cosmo, Nathan Benade, Tiaan Greyvenstein, Derrick Odendaal, Dylon Kraftt     

 

 

 

Hoërskool Nelspruit se eerste rugbyspan het die naweek gesorg vir ‘n verrassing toe hulle Hoërskool Middelburg in die halfeindstryd van die Pumas se afdeling vir makro-skole gewen het.  Die Rhinos speel in die eindstryd teen HTS Middelburg.  Nelspruit het Middelburg met 27-12 uitoorlê nadat hy die voige week teen die einste span met 11-10 die knie moes buig.  Wessel Muller, die Rhinos se puik losskakel, het 17 van sy span se punte aangeteken.  Hy het een van sy span se drie drieë gedruk, al die drieë verdoel en boonop twee strafdoele deur die pale gejaag.  Die Rhinos verseker hiermee sy plek in die hooftrekking van die Beeldtrofee vir makro-skole.  Die 0/15A’s wen 41-25 teen Middelburg Hoërskool.

In die makro-skoleliga vir B-spanne wen 0/14C teen HTS Witbank 56-7, 0/15B wen NHS 30-19 teen HTS Middelburg en die vierde span wen 21-5 teen HTSM.  Hierdie drie spanne is dus die Mpumalanga-wenners. 

 

MHS21   MHS12

 

 

 

 

NHS se spanne staan hul

 

man teen Middelburg

 

 

MHS3

 

 

 

 

UITSLAE

Die Nellies het Saterdag 31 Mei ‘n baie goeie dag op Middelburg beleef, toe hulle in 9 van die 10 rugbywedstryde, koning gekraai het. In totaal teken die Laevelders 412 punte aan, terwyl Middelburg met 66 punte tevrede moes wees.

 

Dit beteken ‘n gemiddelde telling van 41 – 7, wat gewis ‘n puik prestasie is ! Dit was egter ironies dat, al het die Nellies die rugby deur die dag oorheers, dit Middelburg was wat die kop hoog gelig het, nadat sy eerstespan ‘n naelskraapse sege van 11 – 10 teen NHS behaal het.  Dit was byna soos om al die items by ‘n atletiekbyeenkoms te wen, maar die aflos vir seuns 19 te verloor !

 

 Dit moet moeilik vir ‘n afrigter wees om, te midde van kritiese beserings aan sleutelspelers, week na week nuwe kombinasies saam te stel en spelpatrone in te oefen. NHS se eerstes beskik vanjaar oor hope talent, maar die beseringspook wou maar net nie wyk nie. Nogtans het die span nooit tou opgegooi nie, maar enduit hul harte uitgespeel.

 

 Wat die ander A-spanne betref, het die 0/14 A’s weer gewys dat hulle meer as net ‘n gedugte span is. Na hul 36 – 0 sege die vorige week teen HTS Middelburg, was dit hierdie keer HTS se buurskool wat ‘n loesing toegedien is. Die eindtelling was 34 – 7. Daar word verwag dat hierdie spannetjie van NHS nog ver in komende ligas gaan vaar. Die 0/14 B’s was heeltemal te sterk vir Middelburg, soos die telling van 61 – 0 duidelik toon. NHS se 0/15’s het groter teenstand ondervind, maar steeds goeie oorwinnings van 22 – 12 (0/15 A) en 24 – 12 (0/15 B) behaal. Die 0/16 A-span het sedert hul nederlaag teen HTS Witbank, van krag tot krag gegaan. Saterdag se weghol-telling van 81 – 12, het die manne se potensiaal sonder twyfel onderstreep. Ook 0/16 B (35 – 0) het die Middies swaar laat leef.

 

 Waar die ope-spanne oor die algemeen die vorige naweek klippe teen HTS gekou het, was NHS , wat die vierdes (43 – 5), derdes (31 – 0) en tweedes (71 – 7) betref, Middelburg se tier. 

 

 Middelburg se bekende hokkie-krag , het Nelspruit se meisies deeglik beproef. Uit die 8 wedstryde, kon NHS net 3 wen, met Middelburg wat in totaal 13 doele (teenoor die Nellies se 9) aangeteken het. Vir die besoekers het die 0/14 B’s (4 – 2), 0/16 B’s (2 – 1) en tweedes (1 – 0) daarin geslaag om as oorwinnaars van die veld te stap. Middelburg wen die 0/14 A-wedstryd ( 1 – 0), en ook daarna 0/15 A (1 – 0), 0/15 B (2 – 0), 0/16 A (4 – 1) en eerstes (2 – 1).

 

 NHS is trots op sy seuns en dogters wat met begeesterde en opwindende spel, hul skool se naam hooghou !

 

 

  NHS behaal gemengde welslae

 

teen HTS Middelburg

 

UITSLAE

Die langverwagte wintersport-kragmeting tussen Nelspruit en HTS Middelburg, is verlede Saterdag (24 Mei) in heerlike herfsweer op NHS se velde afgehandel. Die tuisspan was deurgaans in uiters strawwe wedstryde betrokke en moes die stang met mag en mening vasbyt, maar nogtans was dit HTS wat – veral wat die ope-spanne betref – merendeels aan die wenkant was.

Nellies se onder 14 A-span het sy baie goeie vertoningslys vanjaar, voortgesit toe hulle met opvallende selfvertroue en uitstekende vaardighede vir so ‘n jong spannetjie, die punte ingeryg het. Middelburg het moedig probeer, maar NHS was net te sterk en wen uiteindelik gemaklik met 36 – 0. Na hulle naelskraapse nederlaag teen HTS Witbank die vorige week, was dit verblydend om te sien dat NHS se o/16 A’s vasberade was om die bordjies te verhang en met  goeie, konstruktiewe rugby vorendag gekom het. Hulle oorwinning van 19 -5 was welverdiend en dui op goeie uitslae vorentoe. Vir NHS het ook die o/14 C’s (26 – 12), o/15 B’s (15 – 5) en o/15 C’s (27 – 0) as wenners van die veld gestap, maar dis hier waar die wendroogte toegeslaan het. HTS wen al vier die wedstryde in die ope-afdeling, al moet ‘n mens byvoeg dat van NHS se spanne (veral die vierdes en tweedes) hulself ongelukkig kan ag dat die telbord net-net nie aan hulle kant was nie. HTS se vierdes kon uiteindelik, na ‘n goeie terugveg-poging, met 13 – 12 die knoop deurhaak. Die Middelburgers se derdes het met 21 – 14 ook net te veel skietgoed vir die Laevelders gehad. In ‘n baie opwindende wedstryd wat deur puik breekslae, skopwerk en dryfspel gekenmerk is, moes NHS se tweedes met 15 – 17 die knie buig.

Die stryd tussen die twee eerstespanne het aan al die verwagtinge voldoen. NHS verdien krediet vir die wyse waarop hulle, hulle nie deur hulle veelgeroemde opponente laat intimideer het nie. Die Nellies het enduit geveg en selfs toe dit gelyk het of HTS ‘n groot telling kon opstapel, het die wittruie binne trefafstand gebly en hul harte uitgespeel. Die eindtelling was 33 – 23 (in HTS se guns). Dit beteken dat HTS die enigste onoorwonne span (in die makro-skole afdeling van die Mpumalanga-liga) is, terwyl NHS , wat reeds met HTS Witbank afgereken het, saam met H/S Middelburg, sy oog op die tweede posisie het –  wat natuurlik ‘n plek in die verdere uitspele om die Beeld-trofee, sal beteken.

Wat meisieshokkie betref, het NHS ‘n uitstekende dag beleef ! Die Nellies eindig die dag met statistieke wat wys: 8 wedstryde gespeel, 4 gewen, 3 gelykop en 1 verloor. Weer was dit die o/14-span wat kookwater-hokkie gespeel het en ‘n pragtige 3 – 1 oorwinning behaal het. Die o/16 B-span het gate deur die verdediging gehardloop en die opponente se doelhok gepeper.  Die eindtelling van 7 – 0 vertel die hele verhaal. NHS se twee seniorspanne was ook op hul stukke en het die Laeveld-harte warm laat klop. Eers het die tweedes ‘n welverdiende 2 – 1 sege aangeteken, waarna Nellies se eerstespan, HTS se eerstes met 2 – 0 getroef het.

Met nog net die kragmeting teen H/S Middelburg oor, lyk dit of daar weer vanjaar heelwat sertfikate by die jaarlikse prysuitdeling aan Mpumalanga-wenners oorhandig gaan word, en dat NHS se spanne gereed is om nog ‘n paar groot name in die stof te laat byt !

 

NHS vs HTS WITBANK

 

 

 UITSLAE VS HTSW

 

Die eerste fluitjies in vanjaar se Mpumalanga-ligas vir Makroskole, is op Saterdag 17 Mei op Witbank geblaas, toe NHS se rugby- en meisieshokkie-spanne teen HTS Witbank kragte gemeet het. Die Nellies was in 15 van die 19 wedstryde aan die wenkant (2 spanne het gelykop gespeel) – statistiek wat toon dat die spanne wat groot drome vir die seisoen het, eers by die Nellies-krag sal moet verbykom !

NHS se rugbyspanne het 358 punte in 11 wedstryde opgestapel, terwyl die Witbankers se totaal 86 was. Die o/14 A’s het vroeg die bal aan die rol gesit toe hulle HTS se span heeltemal deurmekaar gespeel het. Die eindtelling van 59-0 vertel die hele verhaal. Daarna het ook die 0/14 B’s (17 elk), 0/14 C’s (17-5), 0/15 A’s (27-5) en 0/15 B’s (26-0) tot die puntefees bygedra. Ongelukkig kon die 0/16 A’s (10-19) nie die momentum voortsit nie en is met die kous oor die kop, huis toe gestuur. Die 0/16 B’s het egter vasgebyt en ‘n 19-15 oorwinning behaal.

NHS se seniorspanne het behoorlik onder die manne van HTS ingeklim ! Met oorwinnings vir die vierdes (66-5), derdes (52-7) en tweedes (41-5) in die sakkie, het die eerstes die ervaring van ‘n strawwe Tuks-reeks tot hul voordeel gebruik en HTS die hele tyd onder druk gehou. Die eindtelling van 24-8 in NHS se guns, is die begin waarop die Nelspruiters vir die liga gehoop het.

Met NHS se hokkiespanne het dit eweneens baie goed gegaan. Net die 0/16 B’s (1-2) kon nie die knoop deurhaak nie, terwyl die 0/14 A’s in ‘n taai wedstryd, met 1 elk tevrede moes wees.  Goeie oorwinnings is deur 0/14 B (5-0), 0/15 A (4-0), 0/15 B (1-0) en 0/16 A (1-0) behaal. Dit was egter weer die seniors wat die Nellies se harte warm laat klop het, toe hulle vir die juniors gewys het hoe dinge gedoen moet word. NHS se tweedes het HTS 6-0 oorrompel, en die eerstes het vir oulaas sout in die wonde gevryf, deur Witbank met 4-0 af te ransel.

Eerskomende naweek meet NHS op sy tuisvelde kragte met die sterk spanne van HTS Middelburg – ‘n wintersport-bepaling waarna met groot belangstelling uitgesien word. Hierdie sportdag tussen sekerlik Mpumalanga se twee sterkste skole op sportgebied, gaan gewis vir kookwater-wedstryde sorg !