MPUMALANGA LIGA: HTSM

MPUMALANGA LIGA: HTSM

Mpumalanga- liga skop op hoë noot af Hoërskool Nelspruit se sportspanne het op Saterdag 21 Mei goeie vertonings teen HTS Middelburg gelewer in die eerste ronde van die Mpumalanga- liga. Die Nellies se A-rugbyspanne het die besoekers van Middelburg laat les opsê en al vier hierdie spanne het oorwinnings behaal. In die kragmeting tussen die eerste rugbyspanne het die besoekers heelwat tempo verloor en die Rhinos XV het die kragmeting 43-29 gedomineer. Oortuigende oorwinnings van 36-10, 33-14 en 31-20 is onderskeidelik deur die O/16A-, O/15A- en O/14A-spanne behaal.
NHS se eerste netbalspan het in die wedstryd teen HTSM oorheers en met ‘n telling van 32-26 geseëvier. Die ander netbalspanne het swaar getrek teen hul opponent van Middelburg. Hulle het egter verbete teruggeveg en in die vriendskaplike wedstryde teen Hoërskool Ben Vorster is puik oorwinnings deur die O/17A-, O/16A- en O/15A-spanne behaal. In die kragmeting tussen die hokkiedogters van NHS en HTSM het die Nellies een wedstryd verloor, vier wedstryde gelykop gespeel en drie wedstryde ingepalm. Volledige uitslae is soos volg: