Mpumalanga Finales vir B-spanne

Mpumalanga Finales vir B-spanne

June 7, 2016
|

NHS presteer in Mpumalanga-liga

 

Tweedespan

Die Tweedes

Na klipharde rugby spog Hoërskool Nelspruit met twee spanne wat die afgelope naweek in die Mpumalanga-finaal vir B-spanne koning gekraai het.

Die tweedespan het met ‘n oortuigende telling van 39-5 met HTS Middelburg afgereken, terwyl die O/16B’s 33-0 teen dié skool geseëvier het. 

16B

0/16 B

 

Die O/14A-span het HTS Middelburg 15-7 geklop en deurgedring na die Mpumalanga finaal wat op 23 Julie sal plaas vind.

13339686_1137939142913909_6583323210679982288_n

Tweede Netbal

NHS se B-netbalspanne het kragte gemeet in die MSN-liga in Ermelo en drie spanne het uitstekende prestasies behaal.

13315752_1137938629580627_6527968739163987903_n

0/17 B

Die O/14B-span het 12-10 teen Hoërskool Secunda gewen en ‘n derdeplek behaal, terwyl die O/17 B’s 13-7 teen Hoërskool Hoogenhout geseëvier het en in die tweede plek geëindig het.  Die tweedespan het ‘n oorwinning van 18-16 teen Lowveld High behaal om vir hulle ‘n derde plek in die liga te verseker.

13407109_1137938616247295_4961036198047584248_n

0/14 B