Mozzieweek

Mozzieweek

July 25, 2016
|

Nellies bied suksesvolle kriekettoernooi aan

 

Hoërskool Nelspruit het vanjaar vanaf 13-16 Julie die sesde Mozzieweek vir ‘n rekord getal van 16 skole op verskeie plaaslike krieketvelde aangebied.

Die volgende skole was onder die deelnemers:

  • Hoërskool Nelspruit
  • Uplands College
  • Penryn College
  • Hoërskool Rob Ferreira
  • Hoërskool Menlopark
  • Hoërskool Centurion
  • Hoërskool Garsfontein
  • Hoërskool Montana
  • Hoër Volkskool Potchefstroom
  • Potchefstroom Gimnasium
  • Hoërskool Voortrekker Bethlehem
  • Vereeniging Gimnasium
  • Hoërskool Pietersburg
  • Hoërskool Rustenburg
  • JR Academy
  • Wynberg Boys High

Daar is gedurende die toernooi drie 50-beurt wedstryde asook ‘n T-20 wedstryd gespeel en die Nellies se eerstespan het die volgende uitslae behaal:

Dag 1: (50 beurte)    NHS wen met 45 lopies teen Potch Volkskool.

Dag 2: (50 beurte)    NHS wen met 95 lopies teen Hoërskool Rustenburg. Divan Jacobs slaan 126 lopies.

Dag 3: (50 beurte)    NHS verloor met 72 lopies teen Wynberg Boys High

Dag 4: (T-20)             NHS wen met 6 paaltjies teen Menlopark.

NHS bedank graag die volgende borge vir hulle bydrae tot die sukses van die Mozzieweek.

  • Oasis water
  • Noord-wes Universiteit (Potchefstroom Kampus)
  • Irrigation for Africa
  • Helmet Trimmings
  • Crossings Debonairs
  • Crossings Wimpy

 

NHS se O/15-krieketspan was ook gedurende die vakansie by die Uplands College Festival betrokke en het die volgende uitslae behaal:

Dag 1 (tyd krieket):   NHS verloor met 15 lopies teen Hoërskool Montana.

Dag 2 (50 beurte):    NHS wen met 9 paaltjies teen Hoërskool Menlopark. Duan Bekker neem vyf paaltjies vir 20 lopies in agt beurte.

Dag 3 (50 beurte):    NHS wen met 80 lopies teen Midstream College.

Dag 4 (50 beurte):    NHS wen met 120 lopies teen Potchefstroom Gimnasium. Chyle van Zyl slaan 104 lopies nie uit nie.