Monnas vat die Virseker Beker - Lisa van Rooyen

Monnas vat die Virseker Beker – Lisa van Rooyen

August 30, 2017
|

Hoërskool Nelspruit het op 26 Augustus die rugbyfinaal van die Virseker Beker aangebied waartydens die eerste span teen Monument verloor het. NHS se Lisa van Rooyen (Gr.12) was ook langs die veld en haar beriggewing oor die wedstryd was vroeër die week in Beeld:

 

Hoërskool Monument het na ‘n klipharde wedstryd vir Hoërskool Nelspruit in die Virsekerbeker eindstryd, op Nelspruit se tuisveld, Saterdag oorwin.

Albei spanne het met besonderse sportsmanskap en passie gespeel en dit het gelei na ‘n opwindende, maar baie moeilike kragmeting. Met ‘n eindtelling van 40-26 is dit duidelik dat Monnas se Wit Bulle met hulle harte gespeel het, hulle het tot die eindfluijie geblaas het soos leeus baklei vir die beker.

Monnas se agtsteman, PJ Jacobs, het ongelooflike goeie spel gelewer en het twee drieë vir se span gedruk. Luke Rossouw, binnesenter, Brendan Buitendag, regtervleuel, en Tinus Combrink, skrumskakel, het baie goed bygedrae aan Monnas se skitterspel. Die Wit Bulle se voorspelers was soos een man op die aanval teen die Rhinos. Larko Lindes, linkerflank, is as die speler van die wedstryd aangwys.

Jonathan Viljoen, loskakel van Monnas, was ‘n uitstekende skakel tussen voor- en agterspelers en het sy agterlyn baie effektief weggestuur en die Rhinos aan die raai gehou.

Nelspruit se verdediging het hulle in die tweede helfte in die steek gelaat. Alhoewel hulle ‘n uitstekende eerste helfte gehad het was dit nie genoeg om die mag van die Wit Bulle te oorwin nie. Monnas se klas van spel het in die tweede helfte gewys toe hulle gereeld oor die voordeurlyn gekom het en die Nellies se eerste lyn verdediging telkens oopgekloof het, dit het die Rhinos op die agtervoet gesit en hulle in hul eie helfte vasgepen. Die Wit Bulle se skoppe uit die hand was op die dag beter en meer effektief. Wium Barnard, loskopstut, Marius Slabbert, slot, Renier Troskie, regterflank, Joao Christovam, skrumskakel is van die spelers wat die meeste Nellie Guts op die veld getoon het.

 Brendan Pawson, Monnas se loskopstut, en Marius Slabbert, Rhinos se slot, het albei geelkaarte gekry.

“Dit was ‘n klipharde wedstryd gewees. Ons is albei  twee goed voorbereide spanne wat altyd  alles op die veld gee. Ek dink my manne het mooi terug gekom toe die Rhinos besig was om die getui teen ons te draai in die eerste helfte. Ons sê dankie aan die Liewe Vader en ons sien uit vir volgende jaar as die Rhinos weer gaan terug kom. “sê Tjaart van der Walt, Monnas se hoofafrigter.

Monnas het nie hulle kragtige naam te stand gedoen en is wel verdiende Virsekerbeker eindstryd wenners van 2017.

 

Puntemakers

 

Monument 40(19): Drieë: PJ Jacobs (2), Brendan Buitendag, Jonathan Viljoen , Tinus Combrink ,Luke Rossouw Doelskoppe: Jonathan Viljoen(2) Strafdoele: Viljoen (2)

Nelspruit 26(18): Drieë: Reinhardt Roets,Renier Troskie,Marius Slabbert Doelskoppe: Stephan van der Bank Strafdoele: Van der Bank(3)

 

Foto’s: Johan Orton