Mnr. en Mej. NHS word gekroon

Mnr. en Mej. NHS word gekroon

September 1, 2016
|

CHRIS EN JANCKE

Op 23 Augustus is die Mnr. en Mej. NHS-wenners, Chris van der Merwe en Janke Visser, by ‘n glansryke funksie met die tema “modern industrial” gekroon.

Die gewilde sanger Willem Botha het as aanbieder opgetree en het ook vir topklas vermaak gesorg.

Die skoolsaal was stampvol en die twintig finaliste het die gaste se asems weggeslaan met hul gechoreografeerde danse en loopplanktalente.

Die span beoordelaars het bestaan uit Jannie Cloete, Nicky Joubert, Jacques Lombard, Ntandoyenkosi Kunene en die oud-Nellie, Kirsten Raath.

IMG_3893

Willem Botha

Titels is deur die volgende leerders opgeraap:

Mnr. en Mej. Fotogenies:

Renier Troskie en Linley Brandon

Debutante-toekenning: 

Mikela Kirsten

Mnr. en Mej Persoonlikheid:

JC Taljard en Nikki van Eijk

Tweede prins en prinses:

Tiaan Kotzee en Mia Erasmus

Eerste prins en prinses:

Charles de Kock en Linley Brandon

Mnr. en Mej NHS:

Chris van der Merwe en Janke Visser

Nelspruit Hoërskool bedank graag die borge, personeel, leerders en ouers vir hul ondersteuning en bydrae tot hierdie aand se groot sukses.

IMG_3840

Mnr en Me NHS 2015 neem afskeid

Jocha en Sarah