Me Huis Mare

Me Huis Mare

 

Dames van Huis Maré pronk op die loopplank

 

IMG 9896edit

 Johanri du Toit

 

 
Skoonheid is nie net aan die buitekant teenwoordig nie, maar ook aan die binnekant, waar dit van groter belang is.  Met dié woorde het Saskia Bouwer haar koshuis se jaarlikse skoonheidskompetisie, Mej Huis Maré, geopen.

Die pragtige dames van Huis Maré het Dinsdag, 9 September, op die loopplank geparadeer en meegeding om dié titel wat later vanjaar by die koshuisdinee bekend gemaak word.

Deelnemers moes elkeen ‘n vraag beantwoord en het gewys dat hulle op hul voete kan dink.  Die gehoor is verder vermaak deur optredes van Christelle Olivier, Liezl de Kock en Shannon Visagie wat almal onlangs aan die Nellies Got Talent-kompetisie deelgeneem het.

Buiten skooldrag en vrolike somersrokkies het die modelle ook kreatiewe herwindrag, wat deur die leerders gemaak is, vertoon.

‘n Heerlike atmosfeer het in die stampvol eetsaal geheers. Die dames van Huis Maré het, met ‘n pakkie springmielies in die hand, hul tuisgemaak en die deelnemers luidkeels toegejuig.

 

 

IMG 9841edit

   IMG 9845edit  IMG 9852edit

 

IMG 9856esdit    IMG 9888edit   IMG 9907edit


IMG 9862edit