Liesl presteer in Engelse olimpiade

Liesl presteer in Engelse olimpiade

June 18, 2018
|

Hoërskool Nelspruit se hoofdogter, Liesl Hartley het onlangs aan die Engelse olimpiade (eerste addisionele taal) deelgeneem. Nie net het sy in die top 20 van die 2018 De Beers English Olympiad geëindig nie, maar in die top drie uit die 730 deelnemers van regoor die land.  

Die olimpiade se  komitee nooi vir die eerste keer die top drie presteerders na die 2018 Nasionale Skolefees in Grahamstad van 6-10 Julie. By die fees sal die leerders wat Engels as addisionele taal het by die top eerste taal-leerders aansluit. 

Baie geluk Liesl!

 

Meer oor die skole fees hier: http://www.foundation.org.za/index.php?pid=13