Liesl is landswyd eerste in Engelse Olimpiade

Liesl is landswyd eerste in Engelse Olimpiade

July 24, 2018
|

Hoërskool Nelspruit se hoofdogter, Liesl Hartley het vroeër die jaar aan die Engelse olimpiade (eerste addisionele taal) deelgeneem waarna sy nie net in die top 20 van die 2018 De Beers English Olympiad geëindig nie, maar in die top drie uit die 730 deelnemers van regoor die land.  Daar is egter meer onlangs bekendgemaak dat sy eerste geëindig het! Baie geluk Liesl!

#nellietrots #nellieguts