LENTEWEEK: Lentedag en Lentebal

LENTEWEEK: Lentedag en Lentebal

September 5, 2016
|

LENTEWEEK: LENTEBAL EN LENTEDAG

 

IMG_4656

 

Die lente is hier en die Nellies het die stygende temperature met ope arms verwelkom. Die koms van die nuwe seisoen is gevier met ‘n lentebal asook ‘n Entrepreneursdag en Loslitdag.

 

IMG_4639

Leerders het op 1 September die vars lentelug op die grasperk voor die dogterskoshuis ingedrink.  Daar is heerlik onder die bome, wat versier was met Sjinese lanterns en ballonne, gekuier voordat daar na die lentebal in die skoolsaal beweeg is.  Helder kleurige ballonne het aan die vertrek nuwe lewe gegee en die leerders het die aand om gedans.