Leerders word ingelig oor sosiale media en die wet

Leerders word ingelig oor sosiale media en die wet

August 20, 2019
|

NHS het Maandag 19 Augustus weer die voorreg gehad om vir Helene Eloff, Nasionale Regsadviseur van Caxton & CTP Publishers, by die skool te verwelkom vir ‘n insiggewende voorlegging oor sosiale media.
Sy hanteer daagliks sosiale media klagtes, ombudsmanverhore, lastersake en ‘n reeks ander aspekte wat met sosiale media te doen het. Sy is ook tans besig met haar meestersgraad in lasterreg in die digitale era.
Wat moet ‘n tiener weet van sosiale media en die wet om uit die moeilikheid te bly? Dit is die vraag wat sy in ‘n neutedop vir die leerders beantwoord het.
Sy het klem gelê op die volgende aspekte: niks is privaat nie; rassisme is verkeerd; kuberafknouery het gevolge en jou sosiale media tydlyn is jou getuigskrif.
Me. Eloff het ook ‘n weekliks regsrubriek, Clicklaw, wat aanlyn beskikbaar is. So deel sy haar kennis via Facebook – Social Media Law SA.

Klik op hierdie skakel vir meer: https://lowvelder.co.za/499134/five-things-teens-know-social-media-impacts-future/