Landloop-atlete algeheel tweede in Tuks-reeks

Landloop-atlete algeheel tweede in Tuks-reeks

May 5, 2017
|
Die Nellie-landloopspan het algeheel 2de geëindig in die Tuksskole-reeks. Die Tuks-landloopkompetisie bestaan uit die volgende:
 
• ‘n 4km-wedloop waartydens 78 atlete per ouderdomskategorie deelneem.
• ‘n Afloskompetisie waartydens 6 atlete per span elkeen ‘n afstand van 1.6km (1 myl) hardloop.
 
Tydens die 4km-wedlope het Wilmie Basson, Conraad Grobbelaar, Jessica Berry, Andreas van Heerden en Tertius Mentz in die top 10 van hul kategorieë geëindig.
 
Die jr. dogters het algeheel vyfde gekom, jr. seuns vierde, sr. dogters vierde en die sr. seuns derde.