Laeveld-interhoër 2018 bring die beste uit die Nellies na vore!

Laeveld-interhoër 2018 bring die beste uit die Nellies na vore!

February 28, 2018
|

Die 69ste jaarlikse Laeveld-interhoër wat Saterdag 24 Februarie deur H/S Rob Ferreira op Witrivier aangebied is, sal onthou word as een van die bestes in baie jare – veral weens die verbete poging wat die tuisspan mee vorendag gekom het, om NHS van ‘n 53ste agtereenvolgende oorwinning te probeer weerhou. Die gasheerskool verdien lof vir die feit dat die baan, ondanks swaar reën en bewolkte weer, in so ‘n puik toestand was en uitstekende tye, moontlik gemaak het. Die hoë standaard wat duidelik deur puik uitslae weerspieël word, is ook bemoedigend en dui daarop dat die Laeveld se hoërskoolatlete, die komende Mpumalanga-kampioenskappe kan oorheers.

Die entoesiastiese ondersteuning wat vanaf die pawiljoen gegee is, die kenmerkende vrolike en opgewonde interhoërgees, asook die waarskuwing wat Nellies se banier (“Wees kragte te wagte!”) op kleurryke wyse gestuur het – alles het meegedoen om vanjaar se Laeveld-atletiekskouspel, ‘n onvergeetlike gebeurtenis te maak!

Die drie sterkste atletiekskole het mekaar tot die einde deeglik opgekeil, maar dit was NHS se diepte en gebalanseerde prestasies in alle dissiplines (naellope, hekkies, langer afstande, spronge en worpe) wat hul uiteindelik met 1606 punte, teenoor Rob Ferreira se 1368 en Lydenburg met 1129, die wentrofee omhoog laat hou het. Hierdie drie is gevolg deur Bergvlam (793), Penryn College (736.5), Lowveld High (724) en Barberton (635.5).

In die worpe, het NHS se seuns geskiedenis gemaak deur in die ouderdomsgroepe s.16, s.17 en s.19 al drie items (gewigstoot, skyfwerp en spiesgooi) te wen. Dit was ook die 14de keer agtereenvolgens, wat ‘n atleet van NHS, die gewigstoottitel vir seuns 19 ingepalm het – ‘n sonderlinge prestasie! 

 

NHS se atlete het die volgende individuele trofeë ontvang:

 

Naellope:  Beste junior dogter – Rhodé Nel (m.15) vir 100m (12.44 sek.)

Hekkies:   Beste junior dogter – Nicci Viljoen (m.15) vir 300m hekkies (46.29 sek. *rekord)

                 Beste junior seun – Van Reenen Kruger (s.15) vir 100m hekkies (13.49 sek. *rekord)

                 Beste senior dogter – Tayla Kotzee (m.16) vir 100m hekkies (16.22 sek.)

                 Beste senior seun – Devon Nell (s.17) vir 400m hekkies (55.43 sek. *rekord)

Langafstande:

                 Beste senior seun – Jaytee Boers (s.17) vir 800m (1:58.99)

Spronge:  Beste junior dogter – Anje Nel (m.14) vir hoogspring (1,66m *rekord)

Worpe:     Beste junior dogter – Shana Scott (m.15) vir skyfwerp (34,88m)

                 Beste senior dogter – Christine Kruger (m.16) vir gewigstoot (11,95m)

                 Beste senior seun – Douw Kruger (s.16) vir gewigstoot (16,01m)

 

Junior Victor Ludorum:  Van Reenen Kruger (s.15), vir 100m hekkies, 300m hekkies, 200m en 400m            

Senior Victor Ludorum:  Ruan Labuschagné (s.19) vir 100m, 200m, 110m hekkies en 400m hekkies

(wen al 4 sy items!)

 

Beste individuele prestasie van die dag, deur ‘n dogter: Anje Nel (m.14) vir hoogspring (1,66m)

 

NHS se 166 medaljes, sluit in 81 goud, 50 silwer en 35 brons.

 

Wenners van goue medaljes in individuele items (algeheel eerste, A- en B-atlete tesame), *ABSA-punte bo 800 aangedui:

 

Larise Combrink (m.14): 100m – 13.00 sek.; ook 200m – 27.00 sek.; en verspring – 5,18m (966)

Rhodé Nel (m.15): 100m – 12.44 sek. (927); ook 200m – 25.75 sek. (916); en 400m – 59.57 sek. (892)

Handré vd Merwe (s.14): 200m – 25.18 sek. (823); ook 300m hekkies – 44.68 sek.

Kyla Labuschagné (m.16): 200m – 26.65 sek.

Nicolize Aucamp (m.17): 200m – 27.21 sek.; ook 400m – 62.13 sek. (sy is nog onder 15)

Ruan Labuschagné (s.19): 100m – 10.84 sek. (859); ook 200m – 22.41 sek. (817); ook 110m hekkies – 14.88 sek.; en 400m hekkies – 54.15 sek. (858)

Karien Goosen (m.14): 400m – 64.70 sek.

Marco Capazorio (s.14): 400m – 58.88 sek.; ook 100m hekkies – 14.91 sek. (806)

Jaytee Boers (s.17): 400m – 50.98 sek. (840); ook 800m – 1:58.99 (890)

Thembi Cossa (m.19): 400m – 62.34 sek.; ook 800m – 2:27.29; en 1500m – 5:18.82

Tertius Mentz (s.19): 400m – 50.13 sek.; ook 800m – 1:58.37

Berna Kok (m.14): 800m – 2:38.45

Wilmi Basson (m.15): 800m – 2:33.13; ook 1500m – 5:16.86

Luthando Mabuza (s.15): 800m – 2:11.89; ook 1500m – 4:38.38

Kendrick Salmans (s.16): 800m – 2:04.62 (824)

Jessica Berry (m.17): 800m – 2:30.88; ook 1500m – 5:22.75

Matthys Wessels (s.17): 1500m – 4:23.95; ook 3000m – 9:33.73

Anje Nel (m.14): 90m hekkies – 13.85 sek. (850); ook hoogspring – 1,66m (1083*)

Nicci Viljoen (m.15): 90m hekkies – 14.10 sek.; ook 300m hekkies – 46.29 sek. (859)

Van Reenen Kruger (s.15): 100m hekkies – 13.49 sek. (959)

Tayla Kotzee (m.16): 100m hekkies – 16.22 sek.; ook 400m hekkies – 72.73 sek.

Cherise van Duyker (m.17): 100m hekkies – 16.00 sek.; ook 400m hekkies – 69.79 sek.

Chanté Nel (m.19): 100m hekkies – 16.13 sek.; ook 400m hekkies – 69.45 sek.

Devon Nell (s.17): 110mhekkies – 14.79 sek.; ook 400m hekkies – 55.43 sek.

Lallie Grobler (m.14): 300m hekkies – 48.16 sek. (841)

Henko de Nysschen (s.16): 400m hekkies – 59.10 sek.

Ricardo Raubenheimer (s.14): hoogspring – 1,66m (920); ook spiesgooi – 40,94m

Jade Swanepoel (s.15): hoogspring – 1,70m (864)

Linmari Potgieter (m.19): hoogspring – 1,60m (826)

Joshua Maass (s.19): hoogspring – 1,85m; ook verspring – 7,01m (887); en spiesgooi – 50,60m

Megan Nel (m.17): verspring – 4,92m

Meli Mazibuko (s.19): driesprong – 13,06m

La-Alizia Venter (m.14): gewigstoot – 9,89m

Shana Scott (m.15): gewigstoot – 12,08m (877); ook skyfwerp – 34,88m (944)

Frederick Nel (s.15): gewigstoot – 13,31m

Christine Kruger (m.16): gewigstoot – 11,95m (842); ook skyfwerp – 28,24m

Douw Kruger (s.16): gewigstoot – 16,01m (940); ook skyfwerp – 47,58m (927); en spiesgooi – 50,71m

Chyle van Zyl (s.17): gewigstoot – 15,09m (816); ook skyfwerp – 45,07m

Ilke Joubert (m.19): gewigstoot – 12,60m (*nuwe Nellie-rekord); ook skyfwerp – 36,47m

Wian Otto (s.19): gewigstoot – 14,79m; ook skyfwerp – 43,59m

Therese Marais (m.14): skyfwerp – 22,76m

Quinn van Zyl (s.15): skyfwerp – 42,18m (803)

Dané Bruwer (m.17): skyfwerp – 28,26m

Silvia Barnard (m.14): spiesgooi – 27,60m

Michelle Bouwer (m.17): spiesgooi – 32,15m

Aubrey vd Bank (s.17); spiesgooi – 59,24m (830)

Marné van Aarde (m.19): spiesgooi – 33,23m

 

Tweedeplekke algeheel (silwer)

 

Anje Nel (m.14): 100m – 13.30 sek.

Jana Engelbrecht (m.15): 100m – 13.07 sek.

Chanté Nel (m.19): 100m – 13.00 sek.; ook 200m – 27.28 sek.

Lallie Grobler (m.14): 200m – 28.00 sek.; ook 400m – 64.72 sek.

Nicci Viljoen (m.15): 200m – 26.76 sek. (815)

Ben Strydom (s.19): 200m – 22.88 sek.

Reinders de Bruyn (s.14): 400m – 59.12 sek.

Van Reenen Kruger (s.15): 400m – 56.27 sek.; ook 300m hekkies – 39.82 sek. (901)

Zimri Leuvennink (m.14): 800m – 2:39.71

Luan Steyn (s.14): 800m – 2:16.45; ook 1500m – 4:50.50

Melissa le Clus (m.17): 800m – 2:33.65

Berna Kok (m.14): 1500m – 5:28.66

Mila de Villiers (m.16): 1500m – 5:04.66

Conrad Grobbelaar (s.16): 1500m – 4:23.13

Angelique Nel (m.17): 1500m – 5:40.18

Leonine Gildenhuys (m.19): 1500m – 5:22.93 (*sy is nog onder16)

Lané Taljaard (m.15): 90m hekkies – 14.98 sek.; ook hoogspring – 1,40m

Zanelle Moller (m.17): 100m hekkies – 16.78 sek.

Marvin Mthethwa (s.17): 110m hekkies – 15.32 sek.; ook 400m hekkies – 59.19 sek.

Karien Goosen (m.14): 300m hekkies – 51.13 sek.

Marco Capazorio (s.14): 300m hekkies – 44.85 sek.

Nico Liversage (s.16): 400m hekkies – 59.96 sek.

Henrique de Lange (s.19): 400m hekkies – 57.25 sek.

Carla Schultz (m.14): hoogspring – 1,40m (806)

Chantel Olivier (m.16): hoogspring – 1,40m

Megan Nel (m.17): hoogspring – 1,40m; ook driesprong m.19 – 10,97m

Inge Meyer (m.15): verspring – 4,64m

Jessica Dennison (m.14): gewigstoot – 8,67m

Jehan du Plessis (s.14): gewigstoot – 11,27m

Werner Geldenhuys (s.15): gewigstoot – 13,03m

Dané Bruwer (m.17): gewigstoot – 11,34m

Janrico Vermeulen (s.17): gewigstoot – 13,83m

Marné van Aarde (m.19): gewigstoot – 10,94m

Phillip Vogel (s.14): skyfwerp – 36,90m

Jacques Marais (s.16): skyfwerp – 43,66m (831)

Stefan Smit (s.19): skyfwerp – 42,75m

Simphiwe Ngwenya (m.14): spiesgooi – 23,14m

Andreas Fouché (s.14): spiesgooi – 38,02m

Shana Scott (m.15): spiesgooi – 28,86m

Terrence Terblans (s.15): spiesgooi – 46,63m

Zander vd Merwe (s.16): spiesgooi – 48,14m

Janco Pretorius (s.17): spiesgooi- 48,98m

 

Derdeplekke, algeheel (brons)

 

Marco Capazorio (s.14): 100m – 12.50 sek.

Lourens Potgieter (s.16): 100m – 11.19 sek. (875); ook 200m – 23.01 sek. (916)

Shannon Pretorius (m.17): 100m – 13.26 sek.

Van Reenen Kruger (s.15): 200m – 24.24 sek.

Xolani Mazibuko (s.17): 200m – 23.32 sek.

FC van Wyk (s.15): 400m – 57.93 sek.

Kyla Labuschagné (m.16): 400m – 62.06 sek.

Henko de Nysschen (s.16): 400m – 52.98 sek.

Devon Nell (s.17): 400m – 51.73 sek. (803)

Mila de Villiers (m.16): 800m – 2:25.81

Conrad Grobbelaar (s.16): 800m – 2:07.14

Leonine Gildenhuys (m.19): 800m – 2:38.34; ook 1500m – 5:22.93

Attie Smit (s.16): 1500m – 4:32.27

Andreas van Heerden (s.17): 3000m – 9:43.21

Jessica Berry (m.17): 3000m – 11:33.18

Ilse Coetser (m.14): 90m hekkies – 15.50 sek.

Handré vd Merwe (s.14): 100m hekkies – 15.33 sek.

Luka Swanepoel (m.16): 400m hekkies – 78.86 sek.

Zanelle Moller (m.17): 400m hekkies – 73.63 sek.

Kayla de Villiers (m.15): hoogspring – 1,40m

Karien Goosen (m.14): verspring – 4,92m (884)

Meli Mazibuko (s.19): verspring – 6,28m

Magnificent Ngwenya (s.17): driesprong – 13,29m (817)

Riandré vd Merwe (s.19): driesprong – 12,61m

Cherise Smit (m.15): gewigstoot – 10,14m

Jacques Marais (s.16): gewigstoot – 13,08m

Lizaan Olivier (m.17): gewigstoot – 10,76m

La-Alizia Venter (m.14): skyfwerp – 20,55m

Coben Putter (s.17): skyfwerp – 40,07m

Marné van Aarde (m.19): skyfwerp – 30,81m

Christine Kruger (m.16): spiesgooi – 29,37m

Bessie Breytenbach (m.17): spiesgooi – 25,59m

Ilke Joubert (m.19): spiesgooi – 31,24m