Laerskool Malelane atlete en afrigters besoek NHS

Laerskool Malelane atlete en afrigters besoek NHS

January 22, 2019
|

Tien afrigters en 17 o/12 atlete van Laerskool Malelane het onlangs Hoërskool Nelspruit besoek vir ‘n atletiekkliniek ter voorbereiding van die interlaer. Drie Nellie-afgriters het hul kennis met die Onderbergers gedeel.

Hoërskool Nelspruit is ‘n skool vir die gemeenskap, gebou deur die gemeenskap en wil op sy beurt na omliggende skole uitreik. Onder die sambreel van die Nellies Gee Om-program poog die skool om brûe en nie mure te bou nie, en werk om ‘n beter Suid-Afrika vir almal te skep.

Met Nellies Gee Om wil ons graag ons kennis, vaardighede, tyd en fasiliteite deel om ons gemeenskap, provinsie en land op te hef en te bemagtig – een uitreik op ‘n keer.