Radikale skryfkuns by NHS Skryfskool

Radikale skryfkuns by NHS Skryfskool

November 13, 2016
|

 

 

 

skryfskool

Op die foto is:  Gerhard van der Merwe, Zané Maritz, Melandi Lourens, Magda van der Merwe (organiseerder skryfskool) en Tayla Kotzee

 

Negentien Nellies het gedurende die jaar hul beste skryfstukke deur NHS se skryfskool  vir die Radikale Skryfkunskompetisie ingeskryf.  Elf Afrikaanse opstelle en agt Engelse opstelle is ingeskryf en die leerders het bewys dat Hoërskool Nelspruit dalk weer  ‘n Chris Barnard of ‘n Marita van der Vyver kan oplewer.

 

Zané Maritz, Melandi Lourens, Gerhard van der Merwe en Tayla Kotzee spog met die hoogste punte (96%) vir hulle opstelle.  Zané Maritz in graad 11 het in die Afrikaanse eksperimentele afdeling met die onderwerp Die verste berge is altyd die blouste uitgeblink en vir haar opstel oor Moses in die mandjie het sy 94%  gekry.  Melandi Lourens ook in graad 11 het in die Afrikaanse prosa-afdeling met haar opstel Mombakkies  ‘n wenresep gehad en gesê dat kinders as hulle ouer raak maskers opsit en hulle vermom soos volwassenes terwyl kindwees aan die binnekant nog borrel. Gerhard van der Merwe in graad 10 het in die Afrikaanse prosa-afdeling ‘n aangrypende opstel geskryf oor diabetes wat toe hy vier jaar oud was ongenooid in sy lewe ingestap het en hom gevind het toe hy nog hopeloos te jonk was om hom te ken. Hy het vir sy opstel oor NP van Wyk Louw 93% gekry en vir sy Engelse opstel A close encounter 88%.   Tayla Kotzee (gr. 8) het in die Engelse prosa-afdeling vertel van die dinge wat haar die bangste maak.

 

Die ander Nellies wat ook presteer het, was Nerina Visser (gr. 11) 91%, Lisa van Rooyen (gr. 11), Neil Henning (gr. 8), Franzel Gruber (gr.12), Lauren Viljoen (gr.10) 90%, Pieter Swart (gr.12) 89%, Jana Rheeder (gr. 12), Christie Kruger (gr. 11), Joshua Matthee (gr. 10) 88%, Liesl Hartley (gr.10), Reece Terblanche (gr.12) 86% en Wizelle Kritzinger (gr.10) 85%.    

Nellie se skryfwerk in bundel opgeneem

 

img-20160919-wa0003

 

Mieke Prinsloo, ‘n gr.8 leerder van Hoërskool Nelspruit, het op 17 September die prysuitdeling van die Aksie Vrouekrag se skryfkompetisie in Pretoria bygewoon en weggestap met R1000 prysgeld.

Mieke se skryfvaardighede het die beoordelaars beïndruk en sy is aangewys as die wenner van die juniorafdeling.  Nog twee Nellies, Gerhard van der Merwe en Laura McDonald se opstelle is ook in die bundel opgeneem.