Eendag was daar...

Eendag was daar…

September 5, 2016
|

 

IMG_4518

 

Hoërskool Nelspruit het onlangs aand die ATKV Tienertoneel-kompetisie te Ermelo deelgeneem.  Dit was die eerste deelname van dié aard deur die nuut gestigte kultuurburo. 

‘n Groep van veertien deelnemers het die stuk, Eendag is daar, Ernst A. Loth, onder spelleiding van Me. Frances van Niekerk, opgevoer.  Hierdie satire was ‘n gewilde keuse en is deur oud en jonk geniet. 

Tydens die prysuitdeling van die eerste aand is verskeie sertifikate uitgedeel en is die groep deur die beoordelaars, Pedro Kruger en Ira Blankenberg, beloon met twee goue-, vyf silwer- en ses brons sertifikate.

Volgens die ATKV is die tienertoneel-kompetisie ’n nasionale kompetisie vir hoërskoolleerders wat beoog om ’n liefde vir Afrikaanse toneelspel by hoërskoolleerders te kweek sodat leerders hulle eie kreatiwiteit en talente daardeur kan ontgin en ontwikkel. 

IMG_4482

ATKV moedig ook regisseurs aan om leerders soveel geleenthede as moontlik te gee om by al die aspekte van die projek betrokke te raak.   Leerders kan dus ‘n bydrae lewer met die regie, kostuums, dekor, grimering, klank, beligting, verhoogbestuur en choreografie.

 

Die was vir die Nellies ‘n wonderlike ervaring.  Daar is waardevolle lesse geleer en die opgewondenheid is groot vir wat die 2017-produksie gaan inhou.   Dit was verseker nie die laaste deelname van NHS aan hierdie kompetisie nie!

 

IMG_4481