Krieketuitslae: NHS eerste krieketspan is Ehlanzeni T20-wenners!

Krieketuitslae: NHS eerste krieketspan is Ehlanzeni T20-wenners!

September 13, 2018
|

Hoërskool Nelspruit se eerste krieketspan het dié jaar se Ehlanzeni T20-toernooi op ‘n hoë noot afgesluit met ‘n wen in die onlangse finaal teen Bergvlam wat beteken dat NHS se eerstespan die streekswenners is. 

Aksiefoto’s: Hennie Homann

Baie geluk aan die Nellie-krieketspelers wat in Mpumalanga-spanne ingesluit is: 

• O/17: Tristen Parnell, Neill Henning en Stephan Botha.

• o/19: Jacques Vosloo, Ewan Lombard en Raeme Bouwer.

 

Uitslae: 3-7 September

• O/14A wen teen Lowveld o/15A met 9 paaltjies

• 1ste wen T20 Ehlanzeni finaal teen Bergvlam met 10 paaltjies

• 3des wen teen Bergvlam 2des met 30 lopies

• 1ste wen teen HTSM met 5 paaltjies

• 2des wen teen Barberton 1ste met 55 lopies (Andre de Viliers 114 lopies en Regert Holtzhausen 119)

• O/15A wen met 14 lopies teen HTSM.

 

Uitslae: 27 Augustus – 2 September

• O/14B verloor teen Uplands o/14A met 4 paalties

• O/15B wen teen Uplands met 9 paaltjies (Keagan Jansen van Vuuren 4 paaltjies)

• T20 1ste span wen teen Uplands met 8 paaltjies

• 3de span wen teen Lydenburg 2des met 6 paaltjies.

 

Uitslae: 21-25 Augstus

• O/15B wen teen Bergvlam met 42 lopies (RC Jacobs 64 lopies en Keagan Jansen van Vuuren 4 paaltjies)

• O/15C verloor teen Uplands o/15B met 8 lopies

• 3de span wen teen Uplands 2de met 9 paaltjies

• T20 1ste span wen teen Bergvlam met 8 paaltjies

• 1ste span wen teen Lydenburg met 8 paaltjies

• O/15A wen teen Lydenburg met 362 paalties, NHS het 444 geslaan! (Hugo Coetzer 182 lopies, Hannes Feuth 109 en Paul Harley 5 paaltjies. 

• 2des teen Rob Ferreira uitgestel a.g.v nat blaaie.

• O/14A teen Lowveld o15A uitgestel a.g.v. nat blaaie.

 

Uitslae: 13 – 18 Augustus

• T20 1ste span wen teen Penryn met 8 paaltjies (Tristen Parnell 50 lopies en Ewan Lombard 3 paaltjies)

• O/15B wen teen Lowveld met 123 lopise (George Venter 81 lopies) 

• O/15A verloor teen Uplands met 140 lopies

• 3 de span wen teen Rob Ferreira met 10 paaltjies

• 1ste span wen teen Penryn met 5 paaltjies (Lourens Petersen 6 paaltjies)

• o/15A reën uit teen Penryn

• 2des reën uit teen Malekutu

• o/14A verloor met 22 lopies teen Bergvlam se o/15A