KRIEKET: Ligas

KRIEKET: Ligas

October 10, 2016
|

NHS is trots op die volgende puik krieketuitslae wat behaal is:

 

stephan-botha-chyle-van-zyl-en-niel-henning

 

  • 0/15C wen met 7 paaltjies teen Hoërskool Sybrand van Niekerk 0/15A

 

  • 0/15B wen met 8 paaltjies teen Hoërskool Rob Ferreira en behaal die eerste plek in die Ehlanzeni liga.

 

  • 0/14A wen met 8 paaltjies teen Hoërskool Barberton

 

  • 0/15A wen met 549 lopies teen HTS Witbank en is die wenners van die Mpumalanga Super-liga

 

Drie spelers, Stephan Botha, Chyle van Zyl en Niel Henning teken elk ‘n 100 lopies aan.

 

  • NHS tweedespan wen met 28 lopies teen Curro Nelspruit 1

 

  • NHS eerstespan wen met 6 paaltjies teen HTS Witbank en is die wenners van die Mpumalanga Super-liga

KRIEKET UITSLAE

jon-hinrichsen-duan-bekker-stephan-nel

Hoërskool se eerste krieketspan het die afgelope naweek hul staal gewys teen Hoërskool Middelburg.  Die Nellies het dié onoorwonne span, wat ook die eersteplek in die groep beklee het, met agt paaltjies geklop en ‘n bonus punt verdien.  Jon Hinrichsen se boulwerk was uitstekend en hy het vyf paaltjies vir 16 lopies ingepalm.

Die derde krieketspan het op 14 September gekompeteer in die finaal van die tweede krieketliga en met 66 lopies met Beacon College afgereken.

Beide die O/15A- en O/15B span het goeie oorwinnings behaal teen onderskeidelik Hoërskool Middelburg met tien paaltjies en Uplands College met 173 lopies. Duan Bekker het vyf paaltjies vir twaalf lopies vir die O/15A-span geneem.

 

Die O/14B’s het die O/14A’s van Hoërskool Rob Ferreira met vyf paaltjies geklop, terwyl Hoërskool Bergvlam se O/15A’s NHS se O/14A’s met 36 lopies uitoorlê het. Die O/14B’s se Stephan Nel het vyf paaltjies vir 14 lopies geneem.

Die tweedespan het teen Malekutu se eerstespan kragte gemeet en ‘n oorwinning van vyf paaltjies behaal.  Pierre Taljaard het geskitter en vyf paaltjies vir 28 lopies geneem.

 

 

Wedstrydbepalings vir die week:

20 Sep:                                  0/15B VS Rob Ferreira        (weg)

20 Sep:                                  0/15C VS Sybrand v Niekerk (weg)

21 Sep:                                  NHS 2 VS Curro (tuis)

22 Sep:                                  0/14B Vs Penryn 0/14A (weg)

24 Sep:                                  0/15A Vs HTS Witbank (tuis)       

24 Sep:                                  NHS1 Vs HTS Witbank       (weg)            

24 Sep:                                  NHS 2 Vs Lydenburg (weg)                     

24 Sep:                                  0/14A Vs Barberton 0/15A (weg)             

KRIEKET VAAR UITSTEKEND

Mozzi

 

Hoërskool Nelspruit se krieketspanne het weereens die afgelope week goeie vertonings gelewer en in al sewe wedstryde wat gespeel is koning gekraai.

Die eerstespan het teen Hoërskool Secunda te staan gekom en met 160 lopies geseëvier, terwyl die o/15A’s met nege paaltjies met die span van Secunda afgereken het. Hierdie span het ook hul staal teen HTS Middelburg gewys en met 273 lopies gewen. Beide Chyle van Zyl en Tristen Parnell het tydens hierdie wedstryd ‘n 100 lopies aangeteken.

Die o/15C’s het ‘n oortuigende wen van 7 paaltjies oor Lowveld High behaal

Die o/14A en o/14B-spanne het hulle wedstryde met onderskeidelik 148 lopies teen Malekutu O/15A en agt paaltjies teen Uplands O/14A gewen.  Zander van der Merwe het sewe paaltjies in die wedstryd teen Malekutu geneem.

Die tweedespan het ‘n oorwinning van vyf paaltjies oor Lowveld High se eerstespan behaal.

 

Bepalings vir die week:

 

13 Sep:                         0/15B teen Uplands    (weg)                  

13 Sep:                         0/15C teen Bosbokrand (tuis)                

14 Sep:                         NHS 3 vs Beacon College (finaal) 

15 Sep:                         0/14B vs Rob Ferreira 0/14A (weg)                

17 Sep:                         0/15A vs Middelburg (tuis)            

17 Sep:                         NHS 1 vs Middelburg (weg)         

10 Sep:                         NHS 2 vs Malekutu (tuis)              

10 Sep:                         0/14A vs Bergvlam 0/15A (weg)            

 

az2a2169

Foto:  Tristan Parnell, Chyle van Zyl en Zander van der Merwe.