Koelste kinders wen 2019 Sing-off

Koelste kinders wen 2019 Sing-off

February 20, 2019
|

Die geesvangweek het tydens die gewilde Sing-off omtrent momentum gekry. Die kompetisie tussen die koelste kinders, fantastiese ouers en ongelooflike onnies, was straf. Die onderwysers het hul staal gewys met hul country danspassies en niemand kon so goed lipsing soos die ouers nie. Alhoewel al drie orkeste puik vertonings gelewer het, was dit die leerders wat kop en skouers uitgestaan het en wat dan ook as algehele wenners van die 2019 Sing-off aangewys is.