Kaalvoetdag by NHS

Kaalvoetdag by NHS

March 15, 2019
|

Op Donderdag, 14 Maart 2019 het Hoërskool Nelspruit se personeel en leerders hulle harte (én kaste) vir minder bevoorregte mense in die gemeenskap oopgemaak deur skoene te skenk en self kaalvoet te loop vir die dag.
Die projek is die inisiatief van die Graad 12 Verteenwoordigende Leerderraadgroep. Vanjaar is daar twee bakkievragte vol skoene bymekaar gemaak.
Direk na die insameling het die gr.12 graadleiers na Cyril Clarke Secondary skool vertrek waar die skoene aan die adjunkhoofde van die skool, mnr. Siboye en mnr. Maluleke oorhandig is.
Die skool was baie dankbaar vir die groot skenking en gaan op hulle beurt weer die skoene aan minder bevoorregtes in hulle gemeenskap uitdeel.