Jetro Piso vat silwer by die SA Ope Water Kampioenskappe

Jetro Piso vat silwer by die SA Ope Water Kampioenskappe

March 7, 2019
|

Jetro Piso (Graad 12) het Saterdag 2 Maart deelgeneem aan die Suid-Afrikaanse Ope Water Kampioenskappe in Jeffreys. Die kampioenskap het afgeskop met verskeie Suid-Afrikaanse en internationale swemmers wat uitblink vertonings gelewer het.
In die 17-18 kategorie (3km) het Jetro ‘n tweede plek los geswem met ‘n tyd van 36:29.44. Hy eindig ook algeheel sesde in die mans kategorie. Die aflos span het hul ook goed van hul taak gekwyt en bring ‘n brons huis toe.