Jaytee en Jessica is Mnr. en Mej. NHS 2018

Jaytee en Jessica is Mnr. en Mej. NHS 2018

August 27, 2018
|

Hoërskool Nelspruit het 23 Augustus sy jaarlikse Mnr. en Mej. NHS met vermaak deur die immergewilde Robbie Wessels aangebied en soos altyd was dit ‘n produksie van uitstaande gehalte.

Die skoolsaal was stampvol en die finaliste het hul beste voetjie voorgesit en die gehoor se asems weggeslaan met hul gechoreografeerde danse, uitbeeldings en loopplanktalente. Oudergewoonte is daar weer van die finaliste verwag om ‘n advertensie vir elke paartjie se hoofborg uit te beeld waarna hulle die loopplank in beide informele dagdrag sowel as formele aanddrag geborg deur Bride & Co trotseer het. Hare en grimering is spesiaal vir die geleentheid deur La Belle Nouvelle en Cabelo Studio gedoen.

Maar die kompetisie gaan nie net oor die mooiste gesiggie nie. Deelnemers het die afgelope paar maande hard gespook om groot bedrae geld in te samel. Dit word aangewend vir NHS-liefdadigheidsprojekte en Mnr. en Mej. NHS gaan ook voort met projekte van hul eie.

Finaliste is deur Francois du Plessis, Chandré Boshoff, Hennie Scorbinski, Janica Coetzee en Judith Sevenster beoordeel. Jaytee Boers en Jessica Berry is ten einde as Mnr. en Mej. NHS gekroon.

Hierdie jaar se vermaak was grapjas, Robbie Wessels, wat die gehoor laat lê het van die lag maar ook sy sielvolle kant met bekende treffers ten toon gestel het. Robbie het deur die jare ‘n groot gunsteling van die Nellies geword.

Die skool bedank graag al die borge, fotograaf Kerry Wiehman (Mamarazzi Photography), personeel en ouers wat hierdie produksie moontlik gemaak het, en veral Lebombo Piesangs wat ‘n groot bydrae gelewer het tot die aand se sukses.

 

 

Wenners

 

Mej. NHS: Jessica Berry

Mnr. NHS: Jaytee Boers

 

Eerste prinses: Tayla Kotzee

Eerste prins: Reuben van der Merwe

Tweede prinses: Milda van Dyk

Tweede prins: Maarten Venter

Top debutant: Tylo Roux

 

People’s Choice: Angelique Nel en Jaco Geldenhuys

 

Mnr. en Mej. Persoonlikheid: Danté Lombard en Heini Pieters

 

Mnr. en Mej. Fotogenies: Derek van der Merwe en Milda van Dyk

Hoofborge

  • Lebombo Piesangs
  • Coca-Cola
  • Cabelo Studio
  • La Belle Nouvelle
  • Bride & co Nelspruit
  • Buco Nelspruit
  • Weylandts Home Outfitters
  • Lowveld Garage Equipment
  • Induna Adventures
  • Chass Everitt
  • Kishugu Vliegskool
  • Revive Health
  • Laeveld Trekkers
  • Tannie Tolly se Dansstudio
  • Altmed Kliniek
  • Little Pilgrim’s Boutique Hotel