Interhuis 2017

Interhuis 2017

January 18, 2017
|

 Interhuis 2017:  NHS se atlete vroeg reeds op stryk !

img_8315

Hoërskool Nelspruit se jaarlikse interhuis-byeenkoms (verlede Dinsdag, 17 Januarie) is weer deur uithaler-vertonings en ‘n heerlike karnavalgees gekenmerk. Die Spartane (964 punte) het weer die botoon gevoer, maar hierdie keer het die Atheners gewys dat hulle aan die opmars is, deur met 738 punte, die Trojane (713) om die tweedeplek te klop. Die Atheners se meisies (427) het hul afdeling met 20 punte gewen, terwyl die Spartane die seunsafdeling oorheers het. Die opwinding was groot, toe die Atheners as vanjaar se wenners van die gesogte sangtrofee aangekondig is.

 

Die volgende atlete is as beste in elke ouderdomsgroep (Victor en Victrix Ludorum, meeste punte vir die span) aangewys:

Meisies 14:  Nicolize Aucamp (Atheners)        Seuns 14: Van Reenen Kruger (Spartane)

Meisies 15:  Suzaan Nel (Spartane)                  Seuns 15:  Jacques Marais (Spartane)

Meisies 16:  Jessica Berry (Atheners)               Seuns 16:  Jaytee Boers (Atheners)

Meisies 17:  Thembi Cossa (Atheners)             Seuns 17:  Tertius Mentz (Spartane)

Meisies 19:  Nerina Visser (Trojane)                 Seuns 19:  De Villiers Basson (Atheners)

 

Al is die begin van die jaar se interhuis gewoonlik net ‘n losmaker om die atlete uit hul vakansie-roes te laat ontwaak, het dit gewis nie aan uitstekende uitslae ontbreek nie. As legendes soos Frans Schutte, Johan Pienaar en Dewald Nel se rekords tuimel, kan jy maar weet dat kookwater atletiek gesien is ! Naas Marais, verlede jaar se SA-skyfwerpkampioen vir seuns 17, het beide Frans se rekords in gewigstoot en skyfwerp (seuns 19) laat spat! Naas wen goud met puik worpe van 16,07m (was 15,94m) en 48,68m (was 47,08m). Naas het reeds in Desember (in Angola, by ‘n internasionale byeenkoms) die 1,75kg-skyf oor die 52m ver gegooi, maar sy gewigstoot-afstand met die swaarder 6kg-ysterbal, is sy beste. Stefan Smit (seuns 17) het Dewald Nel se destydse poging van 62,65m na ‘n baie goeie 63,28m opgeskuif. Hy (asook Joshua Maass, wat met ‘n ligte besering gesukkel het) mik na die kwalifiserende afstand vir vanjaar se Wêreldkampioenskappe (vir onder 18’s), wat op 66,00m gestel is. Ruan Maass kon nie aan spiesgooi deelneem nie, maar sy veelsydigheid is alom bekend. Johan Pienaar het in 1970 die interhuisrekord (seuns 17) na 6,68m gerek – en 47 jaar later, kom Ruan met ‘n pragtige 6,73m vorendag !

 

In Shana Scott (meisies 14) het NHS vanjaar ‘n worpe-atleet wat haar stem gewis in enige geselskap, dik gaan maak ! Shana het twee rekords uit die boeke gevee, toe sy die spiesgooi (31,48m) en skyfwerp (28,47m) oorheers het. Haar gewigstoot-afstand van 10,84m is eweneens uitstekend vir ‘n gr.8-meisie. 

 

Twee individuele pogings wat meer as 900 ABSA-punte werd was, asook 24 bokant 800 punte, dui op groot dinge wat vanjaar op entoesiaste wag. Jacques Marais (seuns 15) het met sy 49,40m in die skyfwerp, ‘n volle 984 punte verdien, terwyl Stefan 902 punte vir sy spiesgooi-poging verwerf het.

 

Die volgende atlete het die 800 punte-grens oorskry:

 

Luka Swanepoel (m.15): hoogspring – 1,45m (812)

Suzaan Nel (m.15): verspring – 4,96m (848)

Marné van Aarde (m.17): gewigstoot – 11,91m (804)

Shana Scott (m.14): spiesgooi – 31,48m (857), ook skyfwerp – 28,47m (807)

Linmari Potgieter (m.17): hoogspring – 1,60m (865)

Terrence Terblanche (s.14): verspring – 5,15m (841)

Christo Nel (s.14): verspring – 5,03m (809)

Jacques Marais (s.15): verspring – 5,76m (823), ook gewigstoot – 14,05m (814)

Naas Marais (s.19): gewigstoot – 16,07m (835)

Wian Otto (s.17): gewigstoot – 15,74m (860)

Ben Strydom (s.17): 100m – 11.27 sek. (801), ook 200m – 22.84 sek. (843)

Lourens Potgieter (s.15): 200m – 24.00 sek. (806)

Tertius Mentz (s.17): 800m – 2:02.80 (807)

Ruan Maass (s.17): verspring – 6,73m (869)

Janco Pretorius (s.16): spiesgooi – 54,19m (827)

Chyle van Zyl (s.16): gewigstoot – 14,45m (825)

Douw Kruger (s.15): skyfwerp – 45,22m (876), ook gewigstoot – 14,86m (873)

Corben Putter (s.15): skyfwerp – 42,54m (812)

Xander Rutherford (s.15): skyfwerp – 42,51m (811), ook gewigstoot – 13,91m (804)

 

Meisies wat meer as 750 punte verdien het, is die volgende:

 

Nicolize Aucamp (m.14): 200m – 28.00 sek. (768)

Suzaan Nel (m.15): 400m – 62.08 sek. (785) *nuwe rekord, was 62.2 . Ook 200m – 27.20 sek. (775)

Megan Caldeira (m.16): gewigstoot – 10,91m (754)

Christine Kruger (m.15): gewigstoot – 11,12m (792)

Carli Killian (m.16): hoogspring – 1,45m (767)

Kyla Labuschagne (m.15): 400m – 62.88 sek. (762)

Shana Scott (m.14): gewigstoot – 10,84m (763)

 

Daar was natuurlik nog heelwat uitslae wat ons beslis na die seisoen laat uitsien ! Dit sluit in:

 

Stephan vd Bank (s.19): spiesgooi – 53,50m en ook gewigstoot – 13,29m

Dylan Soderlund (s.19): spiesgooi – 46,48m

Andreas van Heerden (s.16): 3000m – 9:50.60, ook 1500m – 4:46.25

Tertius Mentz (s.17): 3000m – 9:36.17.

Donald  Alderson (s.17): spiesgooi – 49,61m

Duvan van Duyker (s.19): 400m hekkies – 57.61 sek.

Ruan Labuschagne (s.17): 400m hekkies – 58.59 sek., ook 400m – 53.81 sek.

Devon Nell (s.16): 400m hekkies – 58.52 sek. *nuwe rekord, was 60.1 sek.

Handré Homan (s.15): 300m hekkies – 42.32 sek.

Van Reenen Kruger (s.14): 100m hekkies – 15.40 sek. *nuwe rekord, was 15.6 sek.

Jade Swanepoel (s.14): hoogspring – 1,50m

PJ Coetzee (s.14): hoogspring – 1,50m

Stefan Smit (s.17): gewigstoot – 14,39m , ook skyfwerp – 49,29m

Estian Schroeder (s.17): gewigstoot – 13,34m

Henco Pieters (s.19): skyfwerp – 42,40m

Joshua Maass (s.17): 100m – 11.41 sek., ook 200m – 23.70 sek., en hoogspring – 1,70m

Jaytee Boers (s.16): 200m – 24.13 sek., ook 400m – 54.64 sek., en driesprong – 12,24m

Wian Otto (s.17): skyfwerp – 41,04m

De Villiers Basson (s.19): 100m – 11.39 sek., 200m – 23.09 sek., 400m – 51.46 sek. ,

800m – 2:00.00  (hy was in 6 items, aan die wenkant !)

Conrad Grobbelaar (s.15): 800m – 2:14.40

Henk van Deventer (s.15): driesprong – 11,46m

Frans-Josef Mentz (s.17): 800m – 2:05.62

Ben Strydom (s.17): verspring – 6,18m, ook 400m – 53.66 sek.

Chyle van Zyl (s.16): spiesgooi – 51,50m en skyfwerp – 41,71m

Aubrey vd Bank (s.16): spiesgooi – 51,37m en ook gewigstoot – 13,35m

Zander Kirsten (s.19): 400m – 53.24 sek.

Ruben Buitendag (s.19): 400m – 53.34 sek.

Magnificent Ngwenya (s.17): driesprong – 12,03m

Joao Christovam (s.19): verspring – 6,32m

Meli Mazibuko (s.19): verspring – 5,90m

Marcel Saayman (s.15): spiesgooi – 46,12m

Ilke Joubert (m.19): gewigstoot – 11,08m en skyfwerp – 31,66m

Marné van Aarde (m.17): spiesgooi – 32,98m en skyfwerp – 30,11m

Jessica Berry (m.16): 3000m – 11:18.77 (rekord)

Angelique Nel (m.16): 3000m – 11:45.34

Leonine Gildenhuys (m.15): 3000m – 11:54.43

Tania Hlabane (m.19): skyfwerp – 28,34m

Nerina Visser (m.19): 400m hekkies – 67.18 sek., ook 200m – 27.69 sek.

Zuleka Breedt (m.19): spiesgooi – 30,83m

Tayla Kotzee (m.15): 300m hekkies – 50.18 sek.

Nicci Viljoen (m.14): 300m hekkies – 50.95 sek.

Michelle Bouwer (m.16): spiesgooi – 34,29m

Sammy Carmichael (m.16): spiesgooi – 29,64m

Jana Engelbrecht (m.14): 100m – 13.58 sek., ook 200m – 28.50 sek.

Carli Killian (m.16): verspring – 4,68m

Janke Visser (m.17): spiesgooi – 29,05m

Mila de Villiers (m.15): 800m – 2:35.20, ook 1500m – 5:28.98

Megan Caldeira (m.16): skyfwerp – 27,59m

Zané Moller (m.16): 100m hekkies – 16.23 sek.

Christine Kruger (m.15): spiesgooi – 28,14m

Nicolize Aucamp (m.14): 400m – 66.25 sek.

Megan Nel (m.16): driesprong – 9,71m

Inge J.van Vuuren (m.19): hoogspring – 1,45m

Amanda Mathebula (m.14): spiesgooi – 25,40m

Cherese Smit (m.14): gewigstoot – 10,47m

Die aandag verskuif nou na ongetwyfeld een van die grootste hoogtepunte op die jaarlikse sportkalender – die tuisbyeenkoms (Saterdag 21 Januarie), wanneer die Laeveld se drie sterkste atletiekskole (NHS, Lydenburg en Rob Ferreira)  mekaar die stryd gaan aansê, in die uitgelese geselskap van Afrikaans Hoër van Pretoria (Affies) en Limpopo se Hoërskool Ben Vorster (Tzaneen). Wat ‘n skouspel om na uit te sien !

 

 img_8542  img_8540
   
 img_8537  img_8536
   
 img_8535  img_8534
   
 img_8533  img_8532
   
 img_8531  img_8524
   
 img_8529  img_8527
   
 
 
 img_8525  img_8523
 
 img_8519  img_8517