Interhoër

Interhoër

February 22, 2016
|

Vreugdevure brand hoog na jaarlikse

Laeveld-byeenkoms !

 

NHS ATLETE OPTOG

 

As die 2016-inter op Lydenburg, in die toekoms in herinnering geroep word, sal dit gewis met ‘n warm gevoel in die hart, en ‘n glimlag op die gesig, geskied ! Soos dit nou al tradisie geword het, het NHS se atlete ‘n reuse aandeel aan die puik prestasies wat gelewer is, gehad – maar dit is die wyse waarop die Nellies die dag geniet  en die oog met hulle uitbundige, maar gedissiplineerde gees en pragtige voorkoms gevang het, wat nog lank in die geheue gekoester sal word.

 

NHS het sege nr.51 met ‘n groottotaal van 1607 ingepalm,402 punte voor Lydenburg (1205) en 412 punte voor Rob Ferreira (1198), wat derde was. Posisies nr. 4 en 5 het vir ‘n hewige stryd tussen Bergvlam en Penryn College gesorg, maar dit was Bergvlam wat uiteindelik net-net met 848 punte, voor Penryn (825) was. Lowveld High (726) en Barberton (642) het die ander plekke ingeneem. Vir die Nellies, het die meisies 822 punte tot die groottotaal bygedra, met die seuns wat vir 785 punte verantwoordelik was.

 

Wat individuele prestasies betref, het NHS ‘n geil oes bymekaar gemaak. Die beste prestasie van die dag (deur ‘n seun) was die puik 52,49m waarmee Chyle van Zyl (s.15) die skyfwerp gewen het. Dit het aan hom ‘n uitstaande 1075 punte op die strawwe ABSA-tabel besorg. Nicola Cronje (m.15) was nr.1 onder die meisies, nadat sy die 800m in ‘n mooi binnelandse tyd van 2:16.03 voltooi het. Haar ABSA-punt van 982 , was verreweg die beste deur ‘n dogtersatleet. Om die wenners van die Victrix en Victor Ludorum-trofees te bepaal, is die atlete se totale ABSA-punte (vir die toegelate 4 items waaraan hulle kon deelneem) bymekaar getel. Jacques Marais (s.14) is met ‘n totaal van 3540 as junior Victor aangewys terwyl Nicola Cronje (m.15) die meeste punte onder die junior meisies (3343) ingesamel het. Senior Victor Ludorum vir 2016, is De Villiers Basson (3195 punte), met spanmaat Ilke Joubert (2913) die senior Victrix.

 

Benewens Chyle se pragtige 1075 ABSA-punte, was NHS se seuns vir nog 7 prestasies bo 900 punte, 7 bokant 850 en 13 bo 800, verantwoordelik – voorwaar uitslae om op te trots te wees ! Nicola se 982 punte, is by die meisies, gerugsteun deur 12 ander prestasies bo 800 punte, 10 bokant 750 en nog 9 meer as 700 punte werd.

Die volgende atlete het ook bo die vlak van 900 punte, presteer:

De Villiers Basson (s.17): 800m – 1:58.81 (907 punte)

Jacques Marais (s.14): verspring – 5,56m (956), ook skyfwerp – 40,80m (919)

Chyle van Zyl (s.15): gewigstoot – 15,33m (908)

Stefan Smit (s.16): skyfwerp – 49,16m (968), ook spiesgooi – 58,65m (914)

Werner Bouwer (s.19): spiesgooi – 64,02m (902)

 

Die oes aan 850+ punte, lyk soos volg:

 

Lourens Potgieter (s.14): 100m – 11.82 sek. (872), ook 200m – 24.53 sek. (884)

Tertius Mentz (s.16): 800m – 2:04.16 (867)

Joshua Maass (s.16): verspring – 6,32m (851), ook spiesgooi – 56,53m (872)

Stephan vd Bank (s.17): spiesgooi – 61,89m (877)

Aflos, seuns 14: 48.50 sek. (870)

Nicola Cronje (m.15); 400m – 60.00 sek. (866)

Suzaan Nel (m.14): verspring – 4,85m (864)

Marne van Aarde (m.16): gewigstoot – 12,34m (877)

Ilke Joubert (m.17): gewigstoot – 12,69m (870)

 

Nog prestasies, 800 en meer ABSA-punte werd:

 

Ben Strydom (s.16): 200m – 23.90 sek. (809)

Tertius Mentz (s.16): 1500m – 4:20.40 (826)

Devon Nell (s.15): 100m hekkies – 14.09 sek. (837)

Tiaan Zietsman (s.14): hoogspring – 1,55m (822)

Adriaan van Aarde (s.15): hoogspring – 1,65m (823)

Joshua Maass (s.16): hoogspring – 1,75m (811)

Marius Slabbert (s.17): hoogspring – 1,80m (803)

Wian Otto (s.16): gewigstoot – 14,60m (836), ook skyfwerp – 43,56m (829)

Naas Marais (s.17): skyfwerp – 48,60m (844)

Aflos, seuns 16: 46.28 sek. (801)

Jacques Marais (s.14): 100m – 11.97 sek. (839), ook gewigstoot – 13,57m (826)

Rainer Spruyt (s.16): 1500m – 4:21.43 (816)

Ewald Putter (s.15): hoogspring – 1,65m (823)

Douw Kruger (s.14): skyfwerp – 37,31m (821)

Suzaan Nel (m.14): 100m – 13.03 sek. (837)

Mia Erasmus (m.17): 800m – 2:23.63 (800)

Jessica Berry (m.15): 1500m – 5:01.94 (802)

Chantel Olivier (m.14): hoogspring – 1,40m (806)

Carli Killian (m.15): hoogspring – 1,45m (812), ook verspring – 4,80m (804)

Linmari Potgieter (m.16): hoogspring – 1,53m (835)

Megan Nel (m.15): verspring – 4,81m (807).

 

Daar was goeie prestasies, in oorvloed ! Nog ‘n paar wat gewis vermelding verdien, sluit in :

 

Cherise van Duyker (m.15): 100m – 13.25 sek., ook 90m hekkies – 14.69 sek. en 300m hekkies – 48.13 sek.

Suzaan Nel (m.14): 200m – 27.81 sek.

Leonine Gildenhuys (m.14): 1500m – 5:13.44, ook 800m – 2:36.87

Tayla Kotzee (m.14): 300m hekkies – 49.75 sek., ook 90m hekkies – 14.94 sek.

Ilke Joubert (m.17): spiesgooi – 37,28m

Jessica Berry (m.15): 800m – 2:27.10

Nerina Visser (m.17): 100m – 13.00 sek., ook 100m hekkies – 16.06 sek. en 400m hekkies – 67.34 sek.

Mila de Villiers (m.14): 800m – 2:34.69

Carmen Cronje (m.19): verspring – 4,91m

De Villiers Basson (s.17): 400m – 51.89 sek.

Leon Pienaar (s.19): 400m – 50.16 sek., ook 800m – 2:00.81, asook 400m hekkies – 56.25 sek.

Marnus Kruger (s.19): 110m hekkies – 15.25 sek.

Ruan Labuschagne (s.16): 400m hekkies – 57.81 sek. (enigste onder 60 sek.)

Duvan van Duyker (s.17): 400m hekkies – 56.66 sek.

Megan Nel (m.15): 10,19m in die driesprong, meisies 19.

Wium Barnard (s.17): gewigstoot – 14,08m

Francois Esselen (s.19); gewigstoot – 15,35m, ook skyfwerp – 45,35m

Douw Kruger (s.14): spiesgooi – 42,90m

Janrico Vermeulen (s.15): gewigstoot – 12,86m

Naas Marais (s.17): gewigstoot – 14,75m

KP de Jager (s.19): gewigstoot – 13,16m

Henco Pieters (s.17): skyfwerp – 46,41m

Janco Pretorius (s.15): spiesgooi – 45,09m

Tania Hlabane (m.17): skyfwerp – 28,12m

 

Baie sterkte aan die groot groep NHS-atlete wat eerskomende Saterdag op Secunda aan die Mpumalanga-kampioenskappe gaan deelneem. Die momentum bou mooi op na die Super-byeenkoms (Dinsdag, 1 Maart) waartydens NHS sy staal teen die 7 ander skole in die A-bond, gaan toon. As die byeenkoms op Lydenburg enigsins ‘n aanduidng was van wat nog aan die kom is, gaan die Nellies nog ‘n paar grense verskuif !

NHS -ATLETE WAT TOEKENNINGS VEROWER

STEFAN SMIT BESTE PRESTASIE WORPE

STEFAN SMIT
BESTE PRESTASIE WORPE

CHAYLE VAN ZYL JNR VICTOR LUDORUM

CHYLE VAN ZYL
BESTE PRESTASIE VAN DIE DAG

 

 

 

 

 

 

 

 

TYLA KOTZE BESTE HEKKIESATLEET

TYLA KOTZE
BESTE HEKKIESATLEET

NICOLA CRONJE BESTE PRESTASIE BAAN JNR VICTRIX LUDORUM

NICOLA CRONJE
BESTE PRESTASIE VAN DIE DAG
JNR VICTRIX LUDORUM

 

 

 

 

 

 

 

 

 

ILKE JOUBERT BESTA ATLEET WORPE

ILKE JOUBERT
SENIOR VICTRIX LUDORUM

JACQUES MARAIS JUNRIO VICTOR LUDORUM

JACQUES MARAIS
JUNRIO VICTOR LUDORUM

 

CARMEN CRONJE KAPTEIN: DOGTERSTROFEE

CARMEN CRONJE
KAPTEIN: DOGTERSTROFEE

 

 

 

 

 

 

 

FRANCOIS ESSELEN KAPTEIN: SEUNSTROFEE

FRANCOIS ESSELEN
KAPTEIN: SEUNSTROFEE

 

 

 

 

 

 

 

 

 

DE VILLIERS BASSON SR VICTOR LUDORUM

DE VILLIERS BASSON
SR VICTOR LUDORUM

ALGEHELE WENNERS INTERHOëR 2016

ALGEHELE WENNERS
INTERHOëR 2016

Cherise van Duyker Beste hekkiesatleet

Cherise van Duyker
Beste hekkiesatleet