HOKKIE: Seweshokkie

HOKKIE: Seweshokkie

September 16, 2016
|

NHS se O/15 & O/17 dogtershokkiespanne is seweskampioene

marne-van-aarde-en-jana-visser

Hoërskool Nelspruit se O/15 en O/17 dogtershokkiespanne is op 8 September as die seweshokkiekampioene gekroon.

Beide spanne het in die finaal van die Curro Sewestoernooi, wat op Curro Nelspruit se kunsgrasvelde gespeel is, teen Penryn te staan gekom.  Die O/15’s het 3-1 gewen, terwyl die O/17’s 5-0 met Penryn afgereken het.

Jana Visser en Marné van Aarde is onderskeidelik as die beste junior- en senior spelers van die toernooi aangewys.

 

o17

Foto O/17

Voor: Chanté Nel, Marné van Aarde, Carmen van der Merwe, Anine van Coller, me. Franché Beukes

Agter:  Anerike Jacobs, Nadine Olivier, Samantha Dunn, Zelcke Willemse, Genevieve Janse van Vuuren, Anja Swart.

o15

O/15

Voor: Suzanne Bothma, Amberley Bergmann, Jana Visser, Jessica Leicester, me. Charleen Greyling.

Agter:  Mignon Joubert, Jeanne Joubert, Chrisna Loubser, Lize van Biljon, Lizamari Fuhri, Tharine Lombard